DIE PRYS

Die Prys is ter waarde van R 1 950!

Een van die Top 10 paartjies van Troue van die Jaar 2021 sal hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur La Residence in Franschhoek.

Die prys sluit die volgende in vir die paartjie:

  • ʼn Aandete vir twee (2). Dit sal ʼn vier gang maaltyd wees insluitende: ʼn voorgereg, sop, hoofgereg en nagereg.

Terme en Bepalings Geld – Rol af om meer hiervan onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Geleë in die groen Franschhoek vallei op ʼn privaat 30 hektaar landgoed, is La Residence die maatstaf vir luukse verblyf in die Kaapse Wynlande.

La Residence word omring deur Cabernet Sauvignon- en Shiraz-wingerde, olyf- en pruim boorde, met ʼn skouspelagtige berg agtergrond en asemrowende uitsigte oor die golwende platteland. By hierdie luukse Franschhoek-hotel word jy geneem na ʼn wêreld van skoonheid, weelde en algehele rustigheid.

Skitterende Indiese-kandelare hang van die gewelfde plafon.  Oorspronklike kunswerke en groot spieëls hang op die mure, terwyl die meubels van Liz Biden kleurvol, stylvol en gemaklik is.  Elegante oudhede en keurige blomme skep ʼn gevoel van verfyning en sofistikasie terwyl ruimte en persoonlike diens die luukshede is.

Die 11 Suites by die hotel is ideaal vir paartjies terwyl die 5 Vineyard Suites, privaatheid en ruimte bied vir gesinne en groepe vriende.




 

TERME EN BEPALINGS

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2021 se standaard kompetisie terme en bepalings geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys is geldig vanaf Oktober 2022 tot Oktober 2023.
  4. Die prys sluit in ‘n vier gang maaltyd insluitende: ‘n voorgereg, sop, hoofgereg en nagereg.
  5. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  6. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  7. Alle koeldrank, drank en alle ander uitgawes is vir wenner se eie rekening.
  8. Vlugte en vervoer kostes is vir die wenner se eie rekening.
  9. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat La Residence aanbied nie.
  10. La Residence Terme en Bepalings is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf La Residence beskikbaar.
  11. Mooi Troues/Troue van die Jaar bemark die prys namens die prys borg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg te eis nie.