Vir ‘n baie romantiese en onvergeetlike troue kan jy eenvoudig nie die wynlande van Stellenbosch miskyk nie.
Midde in hierdie skoonheid, speel Lanzerac al vir meer as 300 jaar gasvrou. Dié landgoed is deurdrenk met geskiedenis wat dateer sedert 1692. Lanzerac is geleë aan die voet van die idilliese Jonkershoekvallei, en spog met skouspelagtige uitsigte oor majestueuse berge en eindelose rye welige wingerde.
Wanneer jy opry in Lanzerac se indrukwekende eiekeboomlaning, is dit asof die horlosie stadiger tik en ‘n mens bewus word van die geskiedenis wat jou omvou.
Seremonies en buitelug-onthale word gehou teen ʼn skilderagtige agtergrond van die Kaaps-Hollandse herehuis met ruim grasperke wat tot 350 gaste kan onthaal. Die Cellar Hall is ʼn pragtig ingerigte, ten volle lug-versorgde binnenshuise troulokaal waar tot 150 gaste met gemak onthaal kan word. Daar is ʼn verskeidenheid troupakkette om te oorweeg, maar Lanzerac is terselfdertyd altyd bereid om ʼn pasgemaakte troue te beplan wat voldoen aan die bruidspaar se spesifikasies – van intieme troues, informele troues tot luukse naweektroues.
Die prentjiemooi Jonkershoekvallei verskaf eindelose foto-geleenthede waar spesiale oomblikke vasgevang kan word terwyl die asemrowende uitsig jou asem wegslaan.
Die 53 individueel versierde, elegante kamers is ook ideaal vir oorbly-gaste. Slegs ʼn paar tree weg, is Lanzerac se bekroonde Spa – die perfekte manier om voor te berei vir die groot geleentheid, of agterna te ontspan met ‘n heerlike spa-terapiesessie.
Die goue lint wat hierdie pakket afrond, is die hoë standaard van persoonlike aandag en diens wat deur Lanzerac se Vergadering-en-Geleentheid-span gebied word. In samewerking met hulle betroubare spesialis diensverskaffers, beloof hulle om jou droomtroue ʼn realiteit te maak. En die kersie op die troukoek? Die waardetoegevoegde ekstras en spesiale verrassings wat op die bruidspaar wag en bydra om hulle groot dag onvergeetlik te maak … vir altyd.