LANZERAC

PRYS / PRIZE READ IN ENGLISH

DIE PRYS

Die prys is ter waarde van R 19,585!

Een van die Troue van die Jaar 2023 se wen-paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur Lanzerac.

Die prys sluit die volgende in:

  • Een (1) nag se verblyf vir die bruidspaar by Lanzerac in ‘n Suite asook –
  • ‘n Volledige Engelse ontbyt, mini-kroeg, komplimentêre Jonkershoek-wynproe van 5 Lanzerac landgoed-wyne, ‘n begeleide keldertoer, gratis gebruik van die spa se hidro-fasiliteite, gratis vervoerdiens tussen die Hotel en Stellenbosch middedorp op vasgestelde tye, Wi-Fi en die Stellenbosch Toerisme heffing van 1%.

Bepalings en Voorwaardes Geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Vir ‘n baie romantiese en onvergeetlike troue kan jy eenvoudig nie die wynlande van Stellenbosch miskyk nie.

Midde in hierdie skoonheid, speel Lanzerac al vir meer as 300 jaar gasvrou.  Dié landgoed is deurdrenk met geskiedenis wat dateer sedert 1692.  Lanzerac is geleë aan die voet van die idilliese Jonkershoekvallei, en spog met skouspelagtige uitsigte oor majestueuse berge en eindelose rye welige wingerde.

Wanneer jy opry in Lanzerac se indrukwekende eiekeboomlaning, is dit asof die horlosie stadiger tik en ‘n mens bewus word van die geskiedenis wat jou omvou.

Seremonies en buitelug-onthale word gehou teen ʼn skilderagtige agtergrond van die Kaaps-Hollandse herehuis met ruim grasperke wat tot 350 gaste kan onthaal. Die Cellar Hall is ʼn pragtig ingerigte, ten volle lug-versorgde binnenshuise troulokaal waar tot 150 gaste met gemak onthaal kan word.  Daar is ʼn verskeidenheid troupakkette om te oorweeg, maar Lanzerac is terselfdertyd altyd bereid om ʼn pasgemaakte troue te beplan wat voldoen aan die bruidspaar se spesifikasies – van intieme troues, informele troues tot luukse naweektroues.

Die prentjiemooi Jonkershoekvallei verskaf eindelose foto-geleenthede waar spesiale oomblikke vasgevang kan word terwyl die asemrowende uitsig jou asem wegslaan.

Die 53 individueel versierde, elegante kamers is ook ideaal vir oorbly-gaste.  Slegs ʼn paar tree weg, is Lanzerac se bekroonde Spa – die perfekte manier om voor te berei vir die groot geleentheid, of agterna te ontspan met ‘n heerlike spa-terapiesessie.

Die goue lint wat hierdie pakket afrond, is die hoë standaard van persoonlike aandag en diens wat deur Lanzerac se Vergadering-en-Geleentheid-span gebied word. In samewerking met hulle betroubare spesialis diensverskaffers, beloof hulle om jou droomtroue ʼn realiteit te maak. En die kersie op die troukoek? Die waardetoegevoegde ekstras en spesiale verrassings wat op die bruidspaar wag en bydra om hulle groot dag onvergeetlik te maak … vir altyd.

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2023 se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal gedig wees vanaf 1 Augustus 2024 tot 31 Oktober 2025.
  4. Die prys sluit in een (1) nag se verblyf vir ʼn paartjie wat deel by Lanzerac in ʼn Suite.
  5. Die prys sluit in:
    • Volledige Kontinentale en Engelse ontbyt daagliks
    • Geselekteerde mini-kroeg items wat een keer daagliks aangevul word.
    • Komplimentêre Jonkershoek-wynproe van 5 Lanzerac-landgoedwyne en ʼn begeleide keldertoer, een per persoon per verblyf.
    • Komplimentêre gebruik van die spa se hidro-fasiliteite.
    • Komplimentêre vervoerdiens tussen die Hotel en Stellenbosch middedorp op vasgestelde tye.
    • Berei kamer daagliks voor vir slaap, insluitend gebottelde water in die aande.
    • Wi-Fi.
    • Stellenbosch Toerisme heffing van 1%.
  6. Die prys sluit uit:
    • Die prys kan nie bespreek word tussen 20 Desember 2024 en 15 Januarie 2025 nie.
    • Middagete of aandetes en drinkgoed.
    • Addisionele vervoer kostes na en van Stellenbosch.
    • Enige bykomende uitstappies en/of aktiwiteite wat nie hierbo gelys is nie.
    • Spa Behandelings
    • Vlugte na en van Kaapstad, Stellenbosch (indien reis vereis word.)
  7. Besprekings moet in skrif gemaak word per e-pos.
  8. Die prys is slegs geldig vir twee gaste en enige bykomende gaste sal gehef word teen die beste beskikbare tarief.
  9. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  10. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  11. Lanzerac is nie ʼn troeteldiervriendelike eiendom nie.
  12. Alle drankies wat nie genoem word nie en alle ander uitgawes word vir die rekening van die wenner in rekening gebring.
  13. Visa, MasterCard, Diners Club en American Express is aanvaarbaar.
  14. Lanzerac is ʼn kontantlose onderneming vir die veiligheid van hulself en hul gaste.
  15. Inkloktyd is daagliks om 14h00; uitkloktyd is daagliks om 11h00.
  16. Kliënte betree die Lanzerac-perseel op eie risiko en Lanzerac kan nie aanspreeklik gehou word vir verlies of skade aan privaat eiendom nie.
  17. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  18. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur Lanzerac aangebied word nie.
  19. Lanzerac se Bepalings en Voorwaardes is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf Lanzerac beskikbaar.
  20. Foto’s is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  21. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prysborg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en / of om die prys van die borg op te eis nie.