DIE PRYS

Die prys is ter waarde van R 38,880!

Een van die Troue van die Jaar 2024 se wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur MOSAIC Lagoon Lodge.

Die prys sluit die volgende in:

  • Drie (3) nagte se verblyf vir twee (2) persone in ʼn Suite by MOSAIC Lagoon Lodge.
  • Die prys sluit in verblyf, alle aktiwiteite op die terrein, alle maaltye en alle huis-drankies. Aktiwiteite sluit in Strand uitstappie, Fynbos safari, MTB, Stap in die Natuur, SUP, en Kajak. Alle aktiwiteite is afhanklik van die weer.

Bepalings en Voorwaardes Geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Op die oewer van die Kleinrivier lagoon net 7km buite Stanford in die Overberg, bied Mosaic Lagoon Lodge 5 Ster verblyf met panoramiese uitsigte oor die strandmeer en berge in die verte.   Met slegs 5 luukse Safari-styl suites bied die lodge privaatheid en rustigheid met huiskneg wat jou tot in die afgrond sal bederf.  Dis die perfekte wittebrood bestemming om te kom ontspan en een te word met die natuur.  Alles is ingesluit en julle hoef werklik nêrens heen te gaan terwyl jul daar is nie.

Gaste by Mosaic Lagoon Lodge kan kies om deel te neem aan van die aktiwiteite daar.  Die keuses is ʼn heerlike natuur wandel saam met een van ons gidse, ʼn vierwiel-motorfiets rit deur die plaas, ʼn strand uitstappie volledig met verversings of ʼn rit saam met die Lady Stanford op die Kleinrivier.  Vir verdere bederf is daar die Milkwood Spa waar julle kan kies tussen individuele of paartjie behandelings.

Die lodge is geleë op die oewer van die Kleinrivier lagoon binne-in ʼn Melkhout bos.  Die suites gebou uit klip met rietdakke skep ʼn spesiale, dog luukse, Afrika gevoel en jy kan jouself nie indink dat jy net iewers in die Wes-Kaap is nie.

Die eksklusiwiteit van die lodge beloof ʼn onvergeetlike ervaring en Maryke en haar span sal sorg dat jul wittebrood werklik iets sal wees om te onthou.

 

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2024 se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal geldig wees vanaf 1 Augustus 2025 tot 31 Oktober 2026.
  4. Die prys sluit in Drie (3) nagte se verblyf vir twee (2) persone in ʼn Suite by MOSAIC Lagoon Lodge.
  5. Die prys sluit in: Verblyf, alle aktiwiteite op die terrein, alle maaltye en alle huis-drankies. Aktiwiteite sluit in Strand uitstappie, Fynbos safari, MTB, Stap in die Natuur, SUP, en Kajak. Alle aktiwiteite is afhanklik van die weer.
  6. Die prys sluit uit: Besprekings gedurende die Spitsseisoen (tussen 11 Desember 2025 en 10 Januarie 2026). Alle items van persoonlike natuur, alle vervoer, vlugte, spa behandelings, alle uitgekontrakteerde aktiwiteite, en enige ander ekstras wat nie ingesluit is nie.
  7. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  8. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  9. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  10. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur MOSAIC Lagoon Lodge aangebied word nie.
  11. MOSAIC Lagoon Lodge se Bepalings en Voorwaardes is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf MOSAIC Lagoon Lodge beskikbaar.
  12. Foto’s is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  13. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prys borg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.