Thali Thali Game Lodge bied ʼn unieke bestemmingstroue in die bos, net 15 minute vanaf die strand en die asemrowende Langebaan-strandmeer. Die lodge verskaf ʼn volledige pakket wat die venue, troubeplanning, spyseniering, dekor en verblyf insluit. Hierdie dienste stel die bruidspaar in staat om eenvoudig terug te sit, te ontspan en hul groot dag ten volle te geniet.
Troues by Thali Thali word soos familie geleenthede gehanteer – met liefde en sorg – wat dit ʼn spesiale ervaring maak vir sowel die paartjie as hul familie en vriende. Die lokaal akkommodeer tussen 80 en 100 gaste, insluitend ʼn dansvloer, wat dit ideaal maak vir ʼn intieme viering. Vir die seremonie is daar verskeie buitelug opsies beskikbaar wat natuurliefhebbers sal waardeer. Kleiner troues word aangebied in die oorspronklike plaashuis of op die dek van die restaurant, wat ʼn intieme en warm atmosfeer skep.
Na afloop van die seremonie kry die bruidspaar die kans om ʼn unieke wildrit te geniet, met skouspelagtige foto geleenthede. Terselfdertyd word die gaste onthaal by die lodge en geniet hulle die egte Weskus-gasvryheid. Die sjefs van Thali Thali bederf gaste met heerlik voorbereide kos, wat wissel van tradisionele “boerekos” tot gesofistikeerde disse. Spyskaarte word aangepas om aan die bruidspaar se voorkeure te voldoen, met spesiale aandag aan die dieetvereistes van gaste.
Amalia, die eienaar, is bekend vir haar passie vir styl en elegansie. Met meer as 20 jaar se ervaring in troudekor en blommerangskikkings help sy graag met alles van bruidsruikers tot tafel dekor. Haar kreatiwiteit en persoonlike benadering maak elke troue uniek en onvergeetlik.
Hierdie pragtige natuurskoon bied die perfekte agtergrond vir ʼn romantiese belofte van trou. Moenie die kans mis om die groot dag te vier te midde van die ongerepte skoonheid van Thali Thali Game Lodge nie!