The Bungalow is deel van die Raw Africa Boutique Collection, ʼn 5-ster Bed-en-Ontbyt instansie geleë in Plettenbergbaai. Met een van die beste liggings in Plettenbergbaai, slegs ʼn paar tree van die water by Hobie-strand, bied The Bungalow die beste ervaring van strand lewe.
Die Bungalow se gesofistikeerde akkommodasie bestaan uit sewe luukse gemeubileerde kamers wat na die see uitkyk met en en-suite-badkamers en eersteklas geriewe. Ideaal vir óf ʼn kort verblyf óf ʼn lang verblyf.
Dan het hulle ook The Bungalow Beach Villa wat bestaan uit drie woonstelle.
- The Cove is hulle wittebroodsuite met ʼn en-suite-badkamer en klein sitkamer.
- The Beach het twee slaapkamers, twee badkamers en gemeenskaplike sitkamer op die grondvloer.
- The Bay is ʼn selfsorg woonstel met twee slaapkamers, ʼn groot sitkamer, ʼn eetkamer en ʼn kombuis.
Om die somerson te geniet, is daar uitsigte op die boonste- en onderste restaurant dek wat uitkyk oor die see. Die uitgestrekte boonste dek kyk uit oor die hele baai, terwyl die onderste dek die kollig deel met ʼn plonspoel geskadu deur pragtige inheemse Melkhoutbome. Ander kenmerke sluit in ʼn rustige, afgesonderde knus boma-area aan die rots krans kant van The Bungalow wat perfek is vir intieme byeenkomste en vermaak.
Daar is verskeie ander ontspannings areas waar gaste ʼn lekker middag slapie kan geniet, of ʼn goeie boek kan lees terwyl hulle ontspan met die geluide van die branders wat op die strand breek.
Die Restaurant en Kroeg met sy tydlose ontwerp wat die natuurlike skoonheid van die strand en die warm Indiese Oseaan komplementeer, bied ʼn uitsonderlike ervaring.
The Bungalow is gerieflik naby winkels en restaurante, asook die Robberg-natuurreservaat. Plettenbergbaai-lughawe is ongeveer 8 km se ry. Natuurlik, reg op die strand is daar water sportgeriewe en verskeie aktiwiteit opsies beskikbaar – swem, branderplankry, walvis kyk, bootvaart en visvang; ook fietsry, gholf, voetslaan, kajak, stappies in die natuur en voëlkyk. ʼn Sterk gunsteling van see liefhebbers en gaste wat avontuur soek, word aangemoedig om The Bungalow as “jou eie see-bungalow” te beskou.