DIE PRYS

Die prys is ter warde van R 11,200!

Een van die  Troue van die Jaar 2022 wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur The Bungalow by Raw Africa Boutique Collection.

Die prys sluit die volgende in vir die paartjie:

  • Twee (2) nagte se verblyf gedurende die middel van die week vir ʼn paartjie in ʼn See Uitsig Kamer by The Bungalow by Raw Africa Boutique Collection.
  • Hierdie prys sluit in ontbyt elke oggend.

Terme en Bepalings geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

The Bungalow is deel van die Raw Africa Boutique Collection, ʼn 5-ster Bed-en-Ontbyt instansie geleë in Plettenbergbaai.  Met een van die beste liggings in Plettenbergbaai, slegs ʼn paar tree van die water by Hobie-strand, bied The Bungalow die beste ervaring van strand lewe.

Die Bungalow se gesofistikeerde akkommodasie bestaan uit sewe luukse gemeubileerde kamers wat na die see uitkyk met en en-suite-badkamers en eersteklas geriewe.  Ideaal vir óf ʼn kort verblyf óf ʼn lang verblyf.

Dan het hulle ook The Bungalow Beach Villa wat bestaan uit drie woonstelle.

  • The Cove is hulle wittebroodsuite met ʼn en-suite-badkamer en klein sitkamer.
  • The Beach het twee slaapkamers, twee badkamers en gemeenskaplike sitkamer op die grondvloer.
  • The Bay is ʼn selfsorg woonstel met twee slaapkamers, ʼn groot sitkamer, ʼn eetkamer en ʼn kombuis.

Om die somerson te geniet, is daar uitsigte op die boonste- en onderste restaurant dek wat uitkyk oor die see.  Die uitgestrekte boonste dek kyk uit oor die hele baai, terwyl die onderste dek die kollig deel met ʼn plonspoel geskadu deur pragtige inheemse Melkhoutbome.  Ander kenmerke sluit in ʼn rustige, afgesonderde knus boma-area aan die rots krans kant van The Bungalow wat perfek is vir intieme byeenkomste en vermaak.

Daar is verskeie ander ontspannings areas waar gaste ʼn lekker middag slapie kan geniet, of ʼn goeie boek kan lees terwyl hulle ontspan met die geluide van die branders wat op die strand breek.

Die Restaurant en Kroeg met sy tydlose ontwerp wat die natuurlike skoonheid van die strand en die warm Indiese Oseaan komplementeer, bied ʼn uitsonderlike ervaring.

The Bungalow is gerieflik naby winkels en restaurante, asook die Robberg-natuurreservaat.  Plettenbergbaai-lughawe is ongeveer 8 km se ry. Natuurlik, reg op die strand is daar water sportgeriewe en verskeie aktiwiteit opsies beskikbaar – swem, branderplankry, walvis kyk, bootvaart en visvang; ook fietsry, gholf, voetslaan, kajak, stappies in die natuur en voëlkyk. ʼn Sterk gunsteling van see liefhebbers en gaste wat avontuur soek, word aangemoedig om The Bungalow as “jou eie see-bungalow” te beskou.

TERME EN BEPALINGS

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2022 se standaard kompetisie terme en bepalings geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal gedig wees vanaf 1 Augustus 2023 tot 31 Oktober 2024.
  4. Die prys sluit in Twee (2) nagte se verblyf gedurende die middel van die week vir ʼn paartjie in ʼn See Uitsig Kamer by The Bungalow by Raw Africa Boutique Collection.
  5. Die prys sluit ontbyt in elke oggend.
  6. Die prys sluit uit: Vervoer en Etes wat nie genoem was nie.
  7. Hierdie prys sluit ook uit besprekings gedurende Skool Vakansies.
  8. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  9. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  10. Alle drank en alle ander uitgawes word vir die rekening van die wenner in rekening gebring.
  11. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  12. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur The Bungalow aangebied word nie.
  13. Die The Bungalow se Terme en Bepalings is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf The Bungalow beskikbaar.
  14. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prysborg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.