DIE PRYS

Die prys is ter waarde van R 23,500!

Een van die Troue van die Jaar 2023 se wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur The Cavern Resort & Spa.

Die prys sluit die volgende in:

  • Vier (4) nagte se verblyf vir ʼn paartjie wat deel by The Cavern Resort & Spa in ʼn Superior Suite.
  • Die prys sluit in alle etes, tee’s, oggend staptogte saam met ʼn gids, en 2 Signature Masserings.

Bepalings en Voorwaardes Geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

The Cavern Resort & Spa skuil in die berge onder die ruwe sandsteenkranslyn van die Noordelike Drakensberge.  Dit is ʼn vallei van boeiende skoonheid en ʼn terrein van bewaring belang wat kwalifiseer op grond van uitstaande natuurlike kenmerke en vir die bewaring van skaars, bedreigde en endemiese spesies.

The Cavern is ʼn wonderlike vakansiesoord vir paartjies.  Daar is ʼn verskeidenheid dinge om te doen en besienswaardighede. Elke dag is daar begeleide oggend staptogte en perdry. Daar is ʼn swembad, tennisbane, 80 km se MTB-roetes en damme vir forel hengel. Die Forest Retreat Spa is ‘n rustige wegbreek vir ‘n ontspannende behandeling.

Die oord het standaard en ook luukser verblyf opsies beskikbaar.  Kamers is in aangelegde tuine geleë waar ʼn mengsel van inheemse plante honderde voëls lok en die aande is gevul met die geluide van krieke, paddas en ander vriendelike wesens.  Die Superior kamers en suites, is perfek vir ʼn wittebrood-wegbreek en kyk uit oor die Fern Forest.  Elke eenheid het sy eie privaat patio waar jy in die son kan ontspan, na die strome in die bos luister en in die vrede van ongerepte berg wildernis kan inneem.  Paartjies op wittebrood ontvang ʼn komplimentêre spa-behandeling en canapés, asook ʼn bottel vonkelwyn tydens hul verblyf.

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2023 se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal gedig wees vanaf 1 Augustus 2024 tot 31 Oktober 2025.
  4. Die prys sluit in Vier (4) nagte se verblyf vir ʼn paartjie wat deel by The Cavern Resort & Spa in ʼn Superior Suite.
  5. Die prys sluit in: Alle etes, tee’s, oggend staptogte saam met ʼn gids, en 2 Signature Masserings.
  6. Die prys sluit uit: Addisionele spa behandelings, drankies en winkel aankope.
  7. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  8. Hierdie prys kan slegs gebruik word tydens The Cavern Resort & Spa se stiller seisoene.
  9. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  10. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  11. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur The Cavern Resort & Spa aangebied word nie.
  12. The Cavern Resort & Spa se Bepalings en Voorwaardes is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf The Cavern Resort & Spa beskikbaar.
  13. Foto’s is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  14. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prysborg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.