DIE PRYS

Die prys is ter waarde van R 17,880!

Een van die Troue van die Jaar 2025 se wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur The Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna.

Die prys sluit die volgende in:

  • Twee (2) nagte se verblyf vir twee (2) persone wat ’n Luukse Kamer deel by The Turbine Boutique Hotel & Spa.
  • Die prys sluit in: Daaglikse ontbyt asook ’n R 2,000.00 geskenkbewys vir middagetes of aandetes.

Bepalings en Voorwaardes Geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Die 5-ster Turbine Boutique Hotel en Spa is geleë op Thesen-eilande in Knysna. Die intuïtiewe argitektuur bring hulde aan die gebou se geskiedenis as ’n voormalige kragstasie. Verblyf bestaan uit 26 kamers, insluitend luukse en standaardkamers, ’n wittebroodsuite en twee ruim, selfsorg-suites wat langs die hotel geleë is.

Die onlangs opgeknapte Island Café Restaurant met sitplek vir 90 gaste bied ’n unieke eetervaring, met binnenshuise tafels tussen die oorspronklike turbines en buitetafels wat oor die kanaal uitkyk. Ontbyt, middagete en aandete word daagliks bedien, asook maandelikse kos- en wynparings. Die Gastro Pub bedien klassieke kroeggeregte met ’n heerlike Turbine-draai, en lewendige musiek word gedurende die seisoen op Vrydagaande aangebied.

Uitstekende konferensiegeriewe is beskikbaar vir sakereisigers, met twee konferensielokale wat gratis Wi-Fi, volledige oudiovisuele toerusting en pasgemaakte spysenieringspakkette insluit. Groepbesprekings vir funksies, troues en klein konferensies word hartlik verwelkom.

Die Turbine Spa bied ’n wye reeks behandelings vir hotelgaste sowel as dagbesoekers. Die onlangse installering van ’n sonkragstelsel en noodkragopwekker verseker dat beurtkragonderbrekings iets van die verlede is.

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2025 se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal geldig wees vanaf 1 Augustus 2026 tot 31 Oktober 2027.
  4. Die prys sluit in Twee (2) nagte se verblyf vir twee (2) persone wat ’n Luukse Kamer deel by The Turbine Boutique Hotel & Spa.
  5. Die prys sluit in: Daaglikse ontbyt asook ’n R 2 000.00 geskenkbewys vir middagetes of aandetes.
  6. Die prys sluit uit: Enige drankies en aktiwiteite nie ingesluit in die prys nie, asook geleentheidsnaweke en besprekings tussen 15 Desember 2026 tot-en-met 15 Januarie 2027 en Paasfees 2027.
  7. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  8. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  9. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  10. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur The Turbine Boutique Hotel & Spa aangebied word nie.
  11. The Turbine Boutique Hotel & Spa se Bepalings en Voorwaardes is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf The Turbine Boutique Hotel & Spa beskikbaar.
  12. Foto’s is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  13. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prys borg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.