DIE PRYS

Die prys is ter warde van R 12,100!

Een van die  Troue van die Jaar 2022 wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur The Turbine Boutique Hotel & Spa.

Die prys sluit die volgende in vir die paartjie:

  • Twee (2) nagte se verblyf gedurende die middel van die week vir ʼn paartjie wat ʼn standaard suite in die The Turbine Boutique Hotel & Spa deel.
  • Hierdie prys sluit ontbyt in vir albei oggende, asook ʼn Bootvaart vir twee (2) mense met vingerhappies en een bottel huiswyn van die Turbine Water Club.

Terme en Bepalings geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Die 5-ster Turbine Boutique Hotel and Spa is op die Thesen-eilande in Knysna geleë.  Intuïtiewe argitektuur bring hulde aan die ou kragstasie wat dit eens was.  Die akkommodasie bestaan uit 26 kamers – luukse hotelkamers, standaard kamers, ʼn wittebroodsuite en 2 ruim, vrye staande suites langs die hotel. Groepbesprekings is welkom vir troues, klein konferensies en geleenthede.

Die hotel is ook die ligging van die Island Café Restaurant met tafels wat uitkyk op die kanale,  swembaddek of geleë tussen die oorspronklike opgeknapte turbines.  Die Gastro Pub bied klassieke kroegmaaltye met ʼn heerlike kinkel met ʼn sonsondergang uitsig oor die strandmeer.

Die Turbine Spa bied ʼn wye verskeidenheid behandelings vir dagbesoekers, sowel as hotelgaste, en die hotel se eie avontuursentrum, die Turbine Water Club, bied ʼn verskeidenheid water- en landgebaseerde aktiwiteite soos vaarte op die strandmeer,  wandelinge in die woud, stadstoere en fiets verhuring.

TERME EN BEPALINGS

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2022 se standaard kompetisie terme en bepalings geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal gedig wees vanaf 1 Augustus 2023 tot 31 Oktober 2024.
  4. Die prys sluit in Twee (2) nagte se verblyf gedurende die middel van die week vir ʼn paartjie wat ʼn standaard suite in The Turbine Boutique Hotel & Spa deel.
  5. Die prys sluit ontbyt in vir albei oggende, asook ʼn Bootvaart vir twee (2) mense met vingerhappies en een bottel huiswyn.
  6. Die prys sluit uit: Drankies, etes en aktiwiteite wat nie genoem word nie, fooitjies, items van persoonlike aard.
  7. Hierdie prys sluit ook uit besprekings gedurende die Kersfees Seisoen en Paasfees Vakansies asook oor Naweke.
  8. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  9. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  10. Alle drank en alle ander uitgawes word vir die rekening van die wenner in rekening gebring.
  11. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  12. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur The Turbine Boutique Hotel & Spa aangebied word nie.
  13. Die Turbine Boutique Hotel & Spa se Terme en Bepalings is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf The Turbine Boutique Hotel & Spa beskikbaar.
  14. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prysborg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.