DIE PRYS

Die prys is ter waarde van R 32,500!

Een van die Troue van die Jaar 2025 se wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur Umngazi Hotel & Spa.

Die prys sluit die volgende in:

  • Vier (4) nagte se verblyf vir twee (2) persone in ʼn Standaard Wittebroodsuite by Umngazi Hotel & Spa.
  • Die prys sluit in verblyf, drie (3) maaltye per dag, toegang tot die Emlonyeni Privaat Sitkamer en Poeldek, ʼn Spa-koopbewys van R1,500, en ʼn bottel MCC met aankoms.

Bepalings en Voorwaardes Geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Ontdek Umngazi – Waar Tyd Stadiger Gaan en Verbinding Dieper Word

Geleë langs Suid-Afrika se skouspelagtige Wildkus in die Oos-Kaap, is Umngazi Hotel & Spa ʼn toevlugsoord vir paartjies wat ruimte, rustigheid en betekenisvolle verbinding soek. Dit is ʼn plek waar tyd stadiger beweeg, die oseaan kalmeer, en elke dag ontvou volgens die ritme van die natuur.

Romantiek en Avontuur Vir Paartjies

Vir die pasgetroudes en paartjies bied Umngazi ʼn mengsel van romantiek en avontuur. Van begeleide staptoere en skilderagtige kus wandelpaadjies tot piekniek op die strand en die verkenning van die rustige Umngazi-rivier per kajak of regop staan roeiplank ry. Daar is eindelose maniere om weer te verbind, met mekaar en die natuur.

In die middae, soos die dag tot ʼn einde kom, kan gaste ʼn ontspanne rivier bootrit geniet of ʼn privaat ete met die rivier as agtergrond ervaar.

Emlonyeni Private Lounge en Pool Deck

Die Emlonyeni Private Lounge en Pool Deck is ʼn toevlugsoord slegs vir volwassenes met ʼn prentjie mooi uitsig oor die rivier en bied stille oomblikke met sagte leunstoele, fyn gemengde skemerkelkies en eindelose uitsigte. Dit is die perfekte plek om bloot te wees.

Verblyf Vir Paartjies

Net ʼn kort entjie se stap weg, kan gaste kies uit nege pragtige volwasse-alleen verblyfopsies:

  • Emlonyeni Suites – modern en luuks met panoramiese uitsigte.
  • Honeymoon Suites – afgeleë en ontwerp vir intimiteit en gerief.
  • Ntabeni Suites – oop dekke en buite stort wat die omliggende landskap omarm.

Spa en Herstel

In die hart van alles bied die Umngazi Spa ʼn herstellende ontsnapping geïnspireer deur die elemente van die natuur, waar kundige terapeute en asemrowende uitsigte saamwerk om die gees te kalmeer en die liggaam te vernuwe.

Elke aspek van Umngazi, van die warm gasvryheid tot die fyn besonderhede, is ontwerp om paartjies te laat voel herlaai, geïnspireer en mooi verbind. Vir dié wat opsoek is na ʼn romantiese wegbreek wat lank ná hul vertrek voortduur, is Umngazi waar liefde werklik sy ritme vind.

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2025 se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal geldig wees vanaf 1 Augustus 2026 tot 31 Oktober 2027.
  4. Die prys sluit in vier (4) nagte se verblyf vir twee (2) persone in ʼn Standaard Wittebroodsuite by Umngazi Hotel & Spa.
  5. Die prys sluit in: Verblyf, drie (3) maaltye per dag, toegang tot die Emlonyeni Privaat Sitkamer en Poeldek, ʼn Spa-koopbewys van R1,500, en ʼn bottel MCC met aankoms.
  6. Die prys sluit uit: Besprekings gedurende die spitsseisoene,  enige drankies en aktiwiteite wat nie by die prys ingesluit is nie.
  7. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  8. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  9. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  10. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur Umngazi Hotel & Spa aangebied word nie.
  11. Umngazi Hotel & Spa se Bepalings en Voorwaardes is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf Umngazi Hotel & Spa beskikbaar.
  12. Foto’s is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  13. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prys borg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.