Heino & Annabella Nel

STORIE:


Ons het in November 2022 al ons troue begin beplan; die venue en fotograaf was al geboek maar die ring was nog nie eers aan haar vinger nie! Na 7 jaar van uitgaan (hoërskool verliefdes), is ons die 31ste Desember 2022 verloof. Niks het sonder enige struikelblokke gekom nie. Vroeg 2023 is daar vloede regoor Suid-Afrika wat ons oorspronklike venue beskadig het. Ons vind egter eers einde Mei uit dat die venue nie betyds vir ons troue begin Desember herstel sal wees nie. ʼn Effense penarie want meeste van die dekor, kos, ensovoorts is gereël maar ons het nie ʼn venue nie. Die Maandag begin ons bietjie rond bel en met die Here se genade kry ons die venue reg langsaan die oorspronklike venue wat gelukkig bo die watertafel gebou is. Ons is dankbaar want Stonehenge River Lodge op die oewer van die Vaalrivier het ons verwagtinge oortref!

Die beplanning was net bietjie uitdagend met dié dat Heino in die middel van Botswana werk en Annabella besig was met haar studies in Potchefstroom. Dit is reg, die hele troue is gereël met ons wat ʼn 1000 kilometer uitmekaar is, maar ons het dit gemaak en dit was “magical”.

Heino het vir ʼn baie “casual” troupak gegaan: navy chino, ligblou hemp, strikdas, kruisbande en natuurlik ʼn lekker paar vellies. Hy is ʼn regte boertjie ; ) Annabella het ook ʼn gemaklike opsie gekies: ʼn simplistiese wit rok met detail bo en ʼn sleep waarin sy egter nogsteeds gemaklik kon dans. Die trourok is al in Januarie 2023 gekoop en haar pa het haar gereeld deur die jaar herinner dat sy teen Desember nogsteeds in haar rok moet pas. Plat ipanema’s was die skoene van keuse; weereens gemaklik dans is belangrik!

Die dekor was iets uit die boonste rakke! Heino het vir Annabella vrye teuels gegee. Hy het net ʼn paar klein versoeke gehad; daar moes baie fairylights wees en dit moet vir ons en ons gaste ontspanne en gesellig wees. Annabella het hom egter nogsteeds in alle besluitnemings erken en hy het met die spesiaalste idees vorendag gekom. Die gaste kon nie uitgepraat raak oor die simplistiese dekor en mooi blomme nie. Dan natuurlik kon die gaste ook nie ophou gons oor die lekkerste spitbraai wat hul al geëet het nie.

Stonehenge River Lodge, net ʼn entjie buite Parys, is die mooiste venue vir enige geleentheid met die beste en mees professionele personeel wat uit hul pad uit gegaan het om ons dag ʼn sukses en baie spesiaal te maak. Die blomme, troukoek, trourok, gasteboek-canvas en esels is deur mense behartig waarmee die paartjie al jare ʼn pad stap (Dankie tannie Retha, tannie Carien, tannie Vicki, tannie Lala en Pa André). Daarby is ons strooimeisie (Eliana), ons blommemeisie (Skylar), ons strooijonker (Jurie) en ons ringdraer (Ethan) so te sê familie so na is hulle aan ons harte. Dit alles het net bygedra tot die samesyn wat regdeur ons troudag teenwoordig was.

Die dag was net “amazing”! Alles het net seepglad verloop. Heino het sy oë bloedrooi gehuil toe, in sy woorde, die mooiste vrou in die wêreld in die paadjie aangestap kom. Die dominee het vir ons die kosbaarste boodskap oorgedra wat ons altyd sal koester. Die fotograaf (Liané) was ook saam met ons op skool en het al ʼn paar fotosessies saam met ons agter die blad. Sy het die dag vir ons netso spesiaal gemaak met die mooiste troufoto’s waarvoor mens kon vra. Wat ook vir ons baie spesiaal was, is nadat ons fotos geneem het, het ons 15 minute gehad om net te sit, die sonsondergang te bewonder en alles van ons troudag saam in te neem. Dan natuurlik was dit ook bitter spesiaal om die res van die aand saam ons geliefdes te kon spandeer; te lag, kuier en gesels met die mense na aan ons hart.

Dankie pa Franz, ma Lientjie, pa André en ma Maxie wat ons nog altyd ondersteun het en die dag vir ons moontlik gemaak het. Ons is baie lief en baie dankbaar vir julle!

HEINO & ANNABELLA
09.12.2023

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23263

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23263

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                oor tot-en-met stemme sluit.
                left until voting closes.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Retha de la Rey & Carien Pretorius
                • Dekor: A&E Decor Potchefstroom + Lumen Lazer
                • Fotograaf: Justjordanphotography (Liané Jordaan)
                • Gaste Geskenke: i-luv-it
                • Grimering: Melissa (Hairtrends Kroonstad)
                • Hare: Melissa (Hairtrends Kroonstad)
                • Bruid se Naels: ChaMia Ladies Health and Beauty Centre
                • Huurdienste: La Oma Spitbraai
                • Huweliksbevestiger: Ds. Gert Oosthuizen
                • Juweliersware: Grant Steward
                • Trouring: Grant Steward
                • Troukoek: Vicki Erasmus
                • Koördineerder: Retha de la Rey & Stonehenge River Lodge
                • Musiek: Wayside Music Kroonstad
                • Skoene: My vellies & Ipanema
                • Strooimeisie-rokke: Daisy Island – Infinity Dresses
                • Trourok: Pebbles Boutique Mosselbaai
                • Strikdasse, belte en kruisbande: LoneLeathers
                • Venue: Stonehenge River Lodge
                • Paartjie se verblyf: Stonehenge River Lodge
                • Vermaak: Wayside Music Kroonstad
                • Huwelik kontrak: Kriek E & van Wyk L Attorneys