Justin & Mariska Van As

STORIE:


Ons troue. Ons droomdag. Dit was ʼn sprokiesverhaal dag!

ʼn Bruilofsfees was dit verseker. Alles was asemrowend tot die fynste detail. Dit was net prentjie mooi en perfek. Net soos wat ons daaroor gedroom en beplan het. Die mees spesiale oomblik was die ewige belofte wat ons aan mekaar beloof het. Die volmaakte hoogtepunt.

Ons troue was iets wat nie in woorde omskryf kan word nie. Alles was haarfyn beplan. Ons inspirasie het gekom soos wat ons ons troue beplan het. Elke dag se beplanning het ons laat besef, dit is waaroor ons nog altyd gedroom het, gaan ʼn werklikheid word. Omring deur die natuur, liefde, omgee en ʼn toekoms vol hoop. Alles is in een spesiale daggie saam gevang.

Inspirasie wat gekom het van liefde wat gedeel word tussen twee mense. ʼn Besonderse verhaal. Die plan wat Jesus vir ons gehad het.

Ons kom altwee van die platteland af en wat meer wil ons hê as om op die platteland te trou. ʼn Venue wat alles bied. Lezar Opstal Wedding Venue. Die venue wat net buitekant Heidelberg geleë is. Dit is plaas, dit is natuur, maar dit was sprokies. Ons troue was elegant en modern met liefde wat tydloos is.

My trourok:
Ek het nie ʼn spesifieke idee gehad van wat ek gesien het in ʼn trourok nie. Ek het ʼn paar idees gehad soos bv., Wyd, Lank, Kristalle, Kant & baie blink, en natuurlik dit wat by my voorkoms sal pas. Met die idee ingedagte is ek na Werner Dey toe, hy het na my idees geluister. Op papier het ek my eie unieke bruidsrok gesien gebeur. Met al my afsprake het elke stukkie kant, kristalle & blink bymekaar gekom, en my perfekte droom trourok is vir my gemaak. Mooier as wat ek ooit van kon droom. Elke stukkie lap van die rok wat bymekaar gekom het, het met die liefde van Werner & sy span se hande werk weerspieël. Dit alles was die mooiste rok wat met liefde aanmekaar gesit is. Werner Dey en sy span kon nie my prentjie beter gemaak het nie. My droom rok was dit verseker. ʼn Groot wye rok met ʼn lang sleë en die fynste detail was my droom prentjie oral vol Swarovski steentjies. My rok was ʼn twee in een. Die romp kon afknip. My lang rok vir die onthaal was vol detail en Swarovski steentjies met ʼn sprokies afwerking. My veil het alles saamgevat en was selfs nog langer as my wye kerk rok. Soos wat Werner dit stel die twee rokke het met mekaar getrou en niemand sou kon raai dit was die beplanning nie. Ek het soos ʼn prinses in my droom rok gevoel wat asems weggeslaan het.

Troupak:
My man se droom pak was ʼn mooi elegante blou pak. EuroSuit het sy ideale prentjie gehad. Die mooiste blou met sy bypassende das asook onderbaadjie. Afgerond met ʼn bruin belt wat pas by sy Steve Madden bruin skoene en ʼn spierwit Pringle hemp.

Dekor:
Dit was vir my belangrik om ons troue so elegant as moontlik te kon maak. Iets wat by ʼn sprokiesverhaal pas. Alles was wit en sag met ʼn touch of dusty blue. Die kristal kandelare wat uit die dak uit gehang het saam met die orgidees was een van ons groot fokuspunte. Die dekor op die tafels was sag met kerslig wat ʼn romantiese atmosfeer geskep het. Brian van The Stage Circuit het alles afgerond met die mooiste beligting en rook wolke wat gepas het by ons sprokies verhaal.

So het alles romanties en die liefde is tydloos bymekaar gekom. Ons droomdag saam gevang deur JCclick Photography. Ons is dankbaar vir ouers wat ons gehelp het om al ons drome waar te kon maak en nog meer dankbaar vir Jesus se genade en seëninge.

#vanasbruiloffees #asemrowendetroue #sprokiestroue #perfeksie #mnr_en_mev_van_as #pureliefde #liefdeistydloos

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23254

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23254

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                oor tot-en-met stemme sluit.
                left until voting closes.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Lucretia Schabort Schoeman – Country Flair
                • Bruidegom-pak: EuroSuits – Boksburg
                • Dekor: Lezar Opstal Wedding Venue, Beligting – Brian @ Stage Circuit
                • Fotograaf: JCclick Photography
                • Gaste Geskenke: Mint to be – Die Insperhasie, Custom made chocolate, live cartoon portraits
                • Grimering: Gevolg – Skulptedbykai Bruid – Extraordinaire.makeup
                • Hare: Extraordinaire.makeup – Nicolene
                • Huurdienste: All Things Wedding
                • Huweliksbevestiger: Ds. Guilliaume Rocher
                • Juweliersware: Werner Dey
                • Trouring: Clio Howie – Poggenpoel Diamond Jewellers
                • Troukoek: Melissa Doubell / patisserie.mel
                • Koördineerder: Heleen le Roux – Lezar Opstal Wedding Venue
                • Musiek: Christian Golden en Brian – @ Stage Circuit
                • Platejoggie: Christian Golden en Brian @ Stage Circuit
                • Skoene: Woolworths en Rosella – Butterfly Wedding Shoes
                • Skryfbehoeftes: Die Insperhasie – Heidelberg
                • Strooimeisie-rokke: Werner Dey
                • Tente: N/A
                • Trourok: Werner Dey
                • Venue: Lezar Opstal Wedding Venue
                • Paartjie se verblyf: Lezar Opstal Wedding Venue
                • Vermaak: Live Cartoon Portraits by Gary, SelfieBox 360 Spin
                • Vervoer: N/A
                • Videograaf: JCclick Photography
                • Huwelik kontrak: Viljoen & Meek Attorneys Heidelberg
                • Wittebrood plek: Sea Cliff Resort & Spa Zanzibar