Luis & Leoné De Sousa

STORIE:


ʼn Dag wat ons vir die res van ons lewens sal onthou, danksy ʼn droom en gebed wat waar geword het. Ons is getroud op die 28ste Januarie 2023 en glo my, dit voel nou nog soos ʼn sprokies verhaal. Selfs die dag voor ons troue kon beide my en my man se familie my broer en my skoonsuster se verjaarsdag saam vier omdat hulle die dag voor ons troue saam verjaar. Van die oomblik wat ek as bruid ingestap het in die kerk met my ma en broer langs my sy, het ek geweet ek trou met die man van my drome. Terwyl ek ingestap het, het ek my oorlede pa se gesig voor my sien verskyn. Ek het dadelik ʼn rustigheid oor my gekry en geweet dat my pa vir Luis “goedkeur” omdat hy ʼn streng pa was wat net die beste vir sy dogter wou hê. Elke tree wat ek geneem het, het ek dadelik geweet dat hierdie man my sielsgenoot is. Ek sal die “prentjie” nooit vergeet nie! Ek kon dadelik die waarheid in sy oë sien, elke sekonde van elke dag, die verlede, die hede en die toekoms.

Ons seremonie het plaas gevind by die NG kerk in Riebeeck Kasteel, waar die gaste dadelik na die diens na ons venue by Het Vlock Kasteel vertrek het. Elke stukkie details was “breath taking”, ʼn absolute kunswerk en sprokies onthaal. Ons tema van ons troue was swart, wit en goud. Baie elegant en rein met ‘n kombinasie van verskeie wit blomme soos orgideë, woestynrose, dahlias, angeliere, swart en wit kerse, goue kandelare en eetgerei met fairy lights vanuit die dak. Al die fyn detail was tot in die kleinste stukkie werk PERFEK! Die finale afronding was al ons gaste wat gekom het van ver en naby. Die hoogtepunt van ons troue was om my man se familie almal van Portugal wat van ver af gekom het te sien na sowat 5 jaar (omtrent 50 familie lede, what a blessing – right?!). Tot en met nou voel dit steeds onwerklik om te weet dat ek, my ma en broer geseën is met ʼn familie wat omtrent 10 keer groter as ons familie is. Hierdie was beslis ʼn royal troue. Ons het canapes bedien, ʼn hoofgereg en nagereg met koekies as tafel name en my oorlede pa se chilli sous in botteltjies as ʼn trougeskenk, asook lekkers omdat liefde “soet en smaakvol” is! Ek en my man het die geleentheid gehad om met ons ma’s te dans op “You raise me up”. Net daar het ons albei in trane uitgebars en ons ma’s styf teen ons vasgehou. Danksy ons sterk ma’s het ons drome waar geword. Ons ma’s het lang ure gestaan om koek te bak en te verkoop om my droom rok en sy troupak te koop. Dit was nie net harde werk nie, maar genuine liefde om ons as hul kinders se drome werklik te maak. Dit was ʼn stresvolle tydperk, maar alles het vanself gekom, God het voorsien en ons gelei! Ek het die geleentheid gehad om ons trou webtuiste en al die ontwerpe van die spyskaarte tot plakkers en borde te skep.

Ons gaste is eers half twee die oggend huis toe, waar ons saam met hulle tot op die laaste minuut kon kuier. Die oomblik toe ons by die kamer aankom, het my man my dadelik ingedra en vir my met trane in sy oë gesê: “You are my dream that came true. I love you with every fibre of my soul, my beautiful wife”. Dis waar ek weet God het my beloon vir die res van my lewe met MY ridder op sy wit perd. ʼn Gelowige man wat my hanteer soos sy koningin. Ek het nog altyd in hierdie tipe onaf-skeibare liefde geglo! #TeamDoubleL

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23192

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23192

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                oor tot-en-met stemme sluit.
                left until voting closes.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Blomakiti
                • Bruidegom-pak: The Tailor Shop, Laguna Mall, Langebaan
                • Dekor: Blomakiti
                • Fotograaf: Escada Photography
                • Gaste Geskenke: Bruid se ma
                • Grimering: Mana-zita
                • Hare: Mana-zita
                • Huurdienste: –
                • Huweliksbevestiger: Dominee Willie Greeff
                • Juweliersware: Jeanne and Co
                • Trouring: Goldtech
                • Troukoek: Cake Love
                • Koördineerder: Het Vlock Kasteel, Riebeek Kasteel
                • Musiek: Louis van Lill
                • Platejoggie: Louis van Lill
                • Skoene: JJ’s House
                • Skryfbehoeftes: Bruid
                • Strooimeisie-rokke: Crystal and Creme, Langebaan
                • Tente: –
                • Trourok: Calegra Bridal House, Cape Town
                • Venue: Het Vlock Casteel, Riebeek Kasteel
                • Paartjie se verblyf: The Royal Hotel, Riebeek Kasteel
                • Vermaak: Louis van Lill
                • Vervoer: Vintage Cars by Jean Henry
                • Videograaf: Escada Photography
                • Huwelik kontrak: Ebersohns Law, Langebaan
                • Wittebrood plek: Portugal