Morné & Elizke Killian

STORIE:


As jy weet, dan weet jy…

Vir ʼn paar jaar lank het ek gebid vir my man, sonder om te weet wie hy is… In Februarie 2022 ontmoet ek ʼn baie spesiale mens, min wetend hy gaan die liefde van my lewe wees. Morné het baie vroeg al geweet hy wil met my trou, en na ʼn paar maande van diep gesprekke en ʼn 13-uur oproep, het hy my in Junie 2022 na Tsitsikamma toe geneem, waar hy voor ʼn waterval vir my gevra het om sy meisie te wees.

Deur die loop van die volgende paar maande begin Morné al hoe meer praat van trou, en voor ek my oë kon uitvee het hy vir my op ʼn Amazing Race gestuur in Jeffreysbaai se strate op Kersdag. Vol senuwees en hongerpyne (want die Kersfeeskos wag by die huis) durf ek hierdie avontuur aan. Met die laaste stop vind ek hom in ʼn swart pak, voor die Kersboom in my ma se huis. Hy het neergesak op een knie en met trane in sy oë vir my gevra om met hom te trou. Ek kon nie ophou huil nie, want die grootste begeerte van my hart is deur Jesus beantwoord.

Na ons baie besonderse en unieke verlowing, het ons ʼn datum vasgestel, 1 Julie 2023. Met nie baie tyd om ʼn troue te reël nie, het ons dadelik weggespring… Alles het net so perfek gegaan met die beplanning van ons spesiale dag; die venue wat ons graag wou hê, het my dadelik met ʼn knop in die keel gelaat toe ons in die kapel staan, en die enigste plek wat ek in gedagte gehad het vir my trourok, het vir my die mooiste rok gemaak. My trourok was wit, met ʼn baie sagte, en fyn, blommetjie kant vir die bo-stuk. ʼn Sagte glitter tulle was gebruik vir die res van die rok. My 4 meter lange sluier was baie sag, met dieselfde blommetjie kant op die onderste gedeelte daarvan. Die styl van die rok is romanties, sag, en ʼn bietjie magical, as ek nou ʼn Engelse beskrywing mag gee daarvoor. Dit is wat ek graag wou hê: ʼn rokkie wat hierdie blommekind gaan laat lyk asof sy in ʼn blommeprinses verander het.

Ek glo elke bruid sê dat haar troudag die perfekte dag was, so ek mag nie kwalik gehou word wanneer ek sê dat ek dink ons troudag was perfek nie… In die hartjie van die winter het ons die mooiste weer gehad op ons troudag; sonskyn en geen wind – iets wat nie sommer in Port Elizabeth gebeur nie.

Die tema vir ons troudag was ʼn mengsel tussen Boheems en Romanties, met navy en skakerings van burgundy as die kleurskema. Daar was verskeie blomme en groenigheid gebruik vir die dekor, asook verskeie wildeblommetjies, veral in my ruiker. Roosblaar confetti, en bietjie groenigheid, was gestrooi op die lang wit tapyt in die kapel, en ʼn paar lanterns met kersies in, het deel gevorm van die dekor in die kapel. Ons het uit die Bybelverse in 1 Kor 13, ʼn paar houtbordjies gemaak wat langs die bankies af gepak was, wat die eienskappe van die liefde beskryf het.

Die gaste se tafels was mooi opgemaak met wynrooi krisante, blush rose, ʼn paar wildeblommetjies, asook groenigheid. Burgundy kerse van verskillende lengtes het deur die aand gebrand op die tafels, en fairy lights het die wit plafon bedek. ʼn Kaggel het die gaste heelaand warm gehou, want dit bly tog winter in die Baai. Verder was daar ʼn gelag, ʼn gehuil, en ʼn gedans; daar was fees gevier, ʼn fees van liefde!

Ek was nog nooit so kalm in my lewe soos wat ek was op ons troudag nie. Die oggend was ek wakker gemaak met ʼn video boodskap van my bruidegom af, wat hy die vorige middag reeds opgeneem het. Met trane in my oë het ek vir Jesus dankie gesê dat Hy ons tot hier gebring het, en dat ek die voorreg kon hê om ʼn bruid te wees.

Ons het die oggend reggemaak by die trou venue. Ek, my strooimeisies, my ma, en nou skoonma, was al van vroegoggend af daar, waar ons ons hare en grimering gedoen het. So deur al die haarsproei, gesels, en lag, het ek en Morné geskenkies en handgeskrewe briefies vir mekaar uitgeruil, deur middel van ons ma’s wat dit skelmpies vir ons gebring het… die intieme oomblik toe ek vir die laaste keer ʼn geskenkie van my verloofde oopmaak, die briefie lees, en my trane keer, sal ek vir altyd in my hart koester. Morné se pa het die troukar gery tot by die kapel, en in daardie laaste oomblikke as ʼn ongetroude meisie, kon ek nie anders as om vir Jesus te prys vir dit wat Hy my mee seën nie. Ek is ʼn bruid, oppad na haar bruidegom toe!

Ek onthou die oomblik toe die musiek begin speel en ek en my liefste Mammatjie saam deur die gangetjie stap na my pragtige bruidegom, waar ek die laaste paar traan druppels op sy wang sien, die oomblik toe my ma my vir hom gee. Ek en Morné het ons eie troubeloftes beloof aan mekaar, en op daardie oomblik het dit gevoel asof dit net ek, hy en Jesus was in daardie kapel.

Ek sal altyd ons eerste soen as man en vrou koester, ons eerste dans, die sny van die pragtige troukoek, al die toesprake, en selfs ons heel laaste dans vir die aand.

Ek sal altyd onthou hoe ek en Morné vir ʼn paar uur eers gesels het daardie aand, oor hoe pragtig en perfek ons dag was, oor hoe dit alles was waarvoor ons gebid het, oor hoe ons Jesus se teenwoordigheid kon ervaar, hoe ons die liefde en sagtheid van ons liefde kon ervaar, en ook hoe lekker die kos was…

Dit is baie moeilik om een oomblik te kies as ʼn hoogtepunt van ons troudag, want elke oomblik was kosbaar. Maar, ek dink die opbou tot die seremonie en die seremonie self was vir my die kosbaarste. Al die opwinding van die regmaak om my bruidegom te sien, die gesels met my ma’s en strooimeisies, die mooi maak, die fototjies neem, en daarna in die troukar te klim – dit is alles spesiaal.

Die seremonie en alles wat daarmee gepaard gaan: die instap, die eerste kyk vir mekaar, die handjies vashou, die lofprysing van ons gunsteling twee liedjies, ons pastoor se preek, die troubeloftes, en om die ring aan my man se vinger te sit, die eerste soen… en die “Morné en Elizke, julle is nou amptelik man en vrou,” oomblik! Hartkoesterend…

Ons tydjie saam is maar nog kort, maar ons is so dankbaar teenoor Jesus dat Hy ons paaie laat kruis het in Sy tyd, want ons het gegaan van beste vriende na twee siele wat mekaar oneindig baie liefhet. Ek is so opgewonde om die res van my lewe met my liefste Mornétjie te deel…

Xx

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23251

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23251

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                oor tot-en-met stemme sluit.
                left until voting closes.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Floral Creations & The Hire Warehouse
                • Bruidegom-pak: Woolworths ; Peri’s Suits
                • Dekor: Floral Creations & The Hire Warehouse
                • Fotograaf: Laetitia Bosch Photography
                • Gaste Geskenke: It’s Cookie Time ; Bruidegom se broer en skoonsuster
                • Grimering: Leandri van Dyk
                • Hare: Leandri van Dyk
                • Huweliksbevestiger: Izak Bakkes (Redeemer Fellowship)
                • Juweliersware: Kary M Designs ; Lovisa
                • Trouring: Ritco Manufacturing Jewellers
                • Troukoek: Perfectly Crafted
                • Koördineerder: The Plantation
                • Platejoggie: Craig Hort, Enjoy Productions
                • Skryfbehoeftes: DALTAR Print & Copy
                • Trourok: LOCA Bridal
                • Venue: The Plantation
                • Paartjie se verblyf: The Plantation
                • Videograaf: Laetitia Bosch Photography
                • Huwelik kontrak: Lawrence Masiza Vorster Incorporated
                • Wittebrood plek: Tsitsikamma Village Inn, Tsitsikamma ; Mimosa Lodge, Montagu ; Le Petit Paris, Franschoek ; Blaauwberg Hotel, Bloubergstrand ; Buffesldrift Game Lodge, Oudtshoorn