STORIE:
Ons het verloof geraak in Hermanus op die rotse soos die sonsak se strale oor ons skyn op die 3 Maart 2023.
Ons het besluit ons gaan ʼn “Do It Yourself” troue hê en het vinnig begin winskopies soek vir kerse, lap, blomme ensovoort. My Ma was my Bloemis, Koördineerder en het sommer die res van die dekor oor geneem.
Ons eerste stap met ons troue was om ʼn venue te kry sodat ons ʼn datum kan vas stel. Ons het net na een venue gaan kyk en beide ek en my man het dadelik verlief geraak op die bos en plaas gevoel van Alkmaar Farmstay in Nelspruit, en dadelik ons datums vas gemaak met die eienaar.
Ons het in tussen die Strooi meisies se rokke by Shein bestel en ander dekor items soos wat die tyd aan geloop het.
Ek het in Julie 2023 na Tweedehandse Bruidjie in Roodepoort toe gegaan om rokke aan te pas. Dit het so 5 rokke gevat, voordat ek my trourok aangetrek het en almal in trane gehad het. Nie te min, het ek nie verder gesoek vir ʼn rok nie.
My man, Waidon, se pak het ons by AMA Gents gekry in Nelspruit, asook sy strooijonkers se broeke. Hy het ingestap ʼn pak gesien en was dadelik oortuig dat dit sy troupak gaan wees.
Ons het ʼn jaar en ʼn bietjie gevat om alles te reël. My Ma, Marinda, het hard gewerk om hierdie dag so perfek as moontlik vir my en my man te maak, en Sy het dit gedoen en meer! My man en pa was aan die werk gesit om dekor te bou, te verf, drade te span, liggies te hang en soveel meer. My ma was in beheer van Blomme en dekor en al die familie en vriende het ingespring om hierdie dag vir my en my man spesiaal te maak.
Dit was die beste dag van ons lewens!
Diensverskaffers:
- Blomme: Marinda Badenhorst
- Bruidegom-pak: AMA gents
- Dekor: Marinda Badenhorst
- Fotograaf: Ballantyne Photo & Film
- Gaste Geskenke: Arné & Marinda
- Grimering: Bruid – Mariska Smith (strooi meisie – Beauty Contour)
- Hare: Bloom Hair Salon – Hazyview
- Huurdienste: Nabana Lodge – Dansvloer
- Huweliksbevestiger: Ds. Sterns Pretorius
- Juweliersware: Tweedehandse Bruidjie – oorbelle
- Trouring: Juan Coetzer
- Troukoek: Michelle Burger
- Koördineerder: Marinda Badenhorst
- Musiek: Clifford Disco
- Platejoggie: Clifford Disco
- Skoene: Superbalist
- Skryfbehoeftes: 4keepsake
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Tente: N/A
- Trourok: Tweedehandse Bruidjie
- Venue: Alkmaar Farmstay
- Paartjie se verblyf: Alkmaar Farmstay
- Vermaak: N/A
- Vervoer: N/A
- Videograaf: Ballantyne phot & film
- Huwelik kontrak: Hough & Bremner
- Wittebrood plek: Dikhololo