STORIE:
Ons het in Julie 2023 verloof geraak terwyl ons op toer in Namibië was, maar het niks tot so drie maande voor ons troue op 3 Augustus 2024 begin beplan nie. Wanneer jy so lank saam is soos ons, ken jy mekaar goed en weet jy presies wat jy wil hê vir jou spesiale dag. Ons troue was binne twee maande beplan en gereed – alles in ʼn oogwink! Delsma Wedding Venue het ons bygestaan en die hele proses moeiteloos gemaak.
Ons wou net een groot, lekker partytjie hê saam met ons vriende en familie, want dis wie ons is. Ons geniet dit om mense om ons te hê, ons hou daarvan om te onthaal, en ons is lief vir al ons geliefdes. My trourok, wat perfek was, is reeds in Desember 2023 van die rak af by Didi Couture gekoop. Die mans se uitrustings is by Mr. Suit Hire gehuur, omdat hulle vir almal – van lank tot groot – kon help en presies gehad het waarna ons gesoek het.
Dit was ongelooflik spesiaal om ons mense van Piketberg en Montagu onder een dak saam te hê. Elke gas by ons troue is vir ons kosbaar. Die beste oomblik in my lewe tot dusver was toe die dominee gesê het: “Ek verklaar jou nou mev. Van Rooyen.”
Na die troue het ons ʼn hernude waardering gekry vir ons vriende en familie – vir al hul liefde en moeite en hoe opreg hulle saam met ons fees gevier het. En so is die Van Rooyens se storie begin.
Diensverskaffers:
- Blomme: Decor it / Delsma Farm Wedding Venue
- Bruidegom-pak: Mr Suit Hire
- Dekor: Decor it / Delsma Farm Wedding Venue
- Fotograaf: Boland Weddings
- Gaste Geskenke: Verniet shot of koffie by die bar.
- Grimering: Leoumé Vos Hair and Make-up
- Hare: Leoumé Vos Hair and Make-up
- Huurdienste: n/a
- Huweliksbevestiger: Ds Martin Goosen, Piketberg.
- Juweliersware: n/a
- Trouring: Viljoens
- Troukoek: Martie de beer
- Koördineerder: Delsma wedding venue
- Musiek: Audio Vibe
- Platejoggie: n/a
- Skoene: n/a
- Skryfbehoeftes: n/a
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Tente: n/a
- Trourok: Didi Couture
- Venue: Delsma wedding venue.
- Paartjie se verblyf: Delsma wedding venue
- Vermaak: n/a
- Vervoer: n/a
- Videograaf: True Photo & Film
- Huwelik kontrak: n/a
- Wittebrood plek: Jongensfontein tot Plettenberg