STORIE:
Ek was gebore in Trichardt en het in Secunda groot geword tot ons getrek het. JP hulle het in Amersfoort gebly en hy het daar groot geword.
Jare later doen ek aansoek vir pemanente werk, en stuur my CV vir Sasol in Secunda. Vrydag oggend was my aanlyn onderhoud, Maandag oggend toe kry ek die aanbod van Sasol af en hulle wil hê ek moet 1 Desember begin. En hier begin my en JP se hele storie. JP se ma het as verpleegster gewerk op Bethal en my oom se orkes het op haar eerste troue opgetree, so het ons families mekaar geken nog voor ons gebore was.
Ons het ontmoet op “Koer” in September 2022 toe ek vir ʼn troue in Secunda was, ek het na die troue terug gegaan Rustenburg toe en besluit dat 300km tussen my en JP te ver is en ek het toe nie verder met hom gepraat nie. Min wetend dat ek in Desember 2022 Secunda toe trek. Hy het in Desember my gevra om saam hom ʼn milkshake te drink, ek het eers gese nee maar toe ingegee. Ons was by Badplaas vir Kersfees, en JP het daar kom kuier en my ouers ontmoet. Einde Januarie het ons vir ʼn naweek Dullstroom toe te gaan en daar het JP my op die 28ste Januarie gevra om sy meisie te wees.
Dit was die 24ste April, en ons was is op vakansie by Amanzimtoti, hy het gestop tussen die rotse en ons het daar rond geloop, en daar het hy op een van die rotse gekniel en gevra of ek met hom sal trou. Ons trou beplanning was maklik en vinnig. Toe dit tyd word om my rok te kry het ek saam my ma en hoof strooimeisie gegaan om ʼn paar rokke aan te pas, 3de rok wat ek aanpas, was myne.
Ons het n paar keer na venues gaan kyk, toe ek die perfekte een kry buite PTA, waar gaste sommer kon oorslaap ook, Inge het my troue so mooi opgemaak, presies soos die prentjie in my kop. Met al die liggies en groen blare het dit soos n feetjie tuin gelyk, en baie romanties.
Ons het JP se troupak vir hom laat maak in Rustenburg, met leer bykomstighede, hy het so sexy gelyk.
Diensverskaffers:
- Blomme: Bell Amor – Inge Culbert
- Bruidegom-pak: Mistique Bridal
- Dekor: Inge Cubert
- Fotograaf: Infinity Times Infinity
- Gaste Geskenke: Just Frosted – Home Baking
- Grimering: Aesthetic Beauty Co.
- Hare: Aesthetic Beauty Co.
- Huweliksbevestiger: Ockert Oosthuizen
- Koördineerder: Bell Amor – Inge Culbert
- Trourok: Bride & Co
- Venue: Bell Amor
- Paartjie se verblyf: Bell Amor