Mulder & Wiann Zaayman-Bester

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ24207

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

        BANK BESONDERHEDE:
        BANK DETAILS:

        VERWYSING | REFERENCE:

        TVJ24207

          Bank:

          First National Bank

          Rekening Nommer | Account Number:

          62528022792

          Takkode | Branch Code:

          250-655

          Rekening Tipe | Account Type:

          Tjek/Cheque

          Rekening Houer | Account Holder:

          Mooi Troues

           

          Belangrik:  Gebruik die korrekte verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie. Indien jy die verkeerde verywing gebruik het, klik hier om ons onmiddelik te kontak. Ons sal die bewys van betaling aanvrae per e-pos.

          Important:  Use the reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.  If you used the incorrect reference, click here to contact us immediatly.  We will request the proof of payment per e-mail. 

            Bepalings en Voorwaardes Geld.
            Klik hier vir gereelde vrae.
            Vir hulp klik hier om ons te kontak.

            Terms and Conditions Apply.
            Click here for frequently asked questions.
            For assistance, click here to contact us.

              DAE OOR VAN ALGEMENE STEMME
              DAYS LEFT OF GENERAL VOTING

              STORIE:


              Ons het aan die einde van Desember 2020 in mekaar se lewens ingestap. Net toe ek my Community Service-jaar as fisioterapeut voltooi, kom daag ‘n jong en aantreklike boer op en vee my voete skoon onder my uit! Dit het skaars drie maande geduur voordat ek my nuwe werk bedank het en na ‘n klein boeredorpie verhuis het – gereed om die res van my lewe saam met die liefde van my lewe te spandeer.

              Drie maande nadat ons onsself in Hartswater gevestig het, het Wiann ons vir ‘n naweek weggeneem na die pragtige Montagu-berge. Min het ek geweet dat hy daardie naweek die groot vraag sou vra!

              Na byna drie jaar van ongelooflike avonture – insluitend ‘n paar maande in die buiteland – het ons uiteindelik besluit om te trou. Ons het die voorreg gehad om ‘n troue by Sweetfontein Boutique Farm Lodge by te woon, en op daardie dag het ons onomwonde besluit: hier gaan ons ook trou. Dit moes so wees, want daar was net één naweek in September 2024 beskikbaar! Kort daarna het ons die datum bevestig en die troubeplanning kon begin.

              Ons het ‘n trou-webwerf geskep en al die besonderhede – van uitnodigings en kleurtemas tot die streng dress code – via die platform met ons gaste gedeel. Met die hulp van ‘n troukoördineerder by Sweetfontein het ons begin werk aan ons sprokies-troudag.

              Ons is albei minimalisties en is versot op neutrale kleure, maar ons het ‘n sagte plek vir wit rose en proteas, en het dit ingespan om ons neutrale palet ‘n tikkie varsheid te gee. Die venue se ligging en asemrowende omgewing het gesorg vir die mooiste troufoto’s denkbaar!

              Ons troudag self was ‘n viering van ons liefde, maar terselfdertyd intiem – ‘n oomblik wat ons met ons naaste familie en vriende kon deel, die mense wat deel was van ons liefdesreis. Dit was ‘n dag geheel en al gevul met liefde, in ál sy vorms.

              Van die begin af het ons besluit: ’n mens trou net een keer – en as jy dit doen, doen jy dit ordentlik! Van tailor-made troupakke en Lena Lisa-rokke tot SHEIN-uitrustings, die mooiste ringe, die lekkerste wyn en natuurlik die pragtigste gaste – dit was alles wat ons van kon droom… en soveel meer.

              Diensverskaffers:

              • Blomme: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Bruidegom-pak: The Modernist Tailor Made
              • Dekor: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Fotograaf: Petal and Leaf Photography
              • Gaste Geskenke: Kontant
              • Grimering: Nicita Smit @ Reeva Bella Beauty
              • Huurdienste: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Huweliksbevestiger: Ryan Hogarth Professional Marriage Officers
              • Juweliersware: FOSSIL/Daniel Wellington
              • Trouring: Browns Jewelers/Glamira
              • Troukoek: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Koördineerder: Dorette Combrinck @ Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Musiek: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Platejoggie: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Skoene: ALDO
              • Skryfbehoeftes: Parker Pens
              • Strooimeisie-rokke: Lena Lisa/SHEIN
              • Tente: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Venue: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Paartjie se verblyf: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Vermaak: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
              • Videograaf: Dearest Darling Films
              • Huwelik kontrak: GF Pieterse, Ceronio En Derks