STORIE:
Ek en Hugo het ontmoet in 2017. Wat oorspronklik net ʼn vinnige koffie in Java in Stellenbosch sou wees, het gelei tot ʼn verhouding van 5 jaar. Op ons 5 jaar Anniversary het ek vir ons ʼn foto sessie gereël by die strand en Hugo het my totaal verras met ʼn ring! Ons albei was reeds ouer op die stadium en wou ʼn intieme, rustige dag troue hou, met net ons naaste familie en vriende. Ons het op die pragtige Suikerbossie venue in Houtbaai besluit. My rok was van Brides of Somerset en ek sal dit beskryf as tydloos en klassiek met pragtige detail. Ons blomme en dekor is gedoen deur vriende van ons. Dit was ook baie spesiaal dat my ma ons ringe kon ontwerp en maak. Sy is ʼn juwelier. Die dag was so spesiaal omdat ons so ʼn lang pad saam gestap het om te eindig by hierdie sprokie dag. Die Here se tyd is perfek.
Diensverskaffers:
- Blomme: Blomme Vir Tjomme
- Dekor: Charne Schreuder
- Grimering: Ilana Geldenhuys
- Fotograaf: Jana Marnewick Photography
- Gaste Geskenke: Helena Bougas
- Juweliersware: Carine Van Zyl Jewellery
- Trouring: Carine Van Zyl Jewellery
- Troukoek: Cakes by Emily Jane
- Trourok: Brides of Somerset
- Venue: Suikerbossie Restaurant