Sanet & Lizl Slabber-Nel

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ24019

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

        BANK BESONDERHEDE:
        BANK DETAILS:

        VERWYSING | REFERENCE:

        TVJ24019

          Bank:

          First National Bank

          Rekening Nommer | Account Number:

          62528022792

          Takkode | Branch Code:

          250-655

          Rekening Tipe | Account Type:

          Tjek/Cheque

          Rekening Houer | Account Holder:

          Mooi Troues

           

          Belangrik:  Gebruik die korrekte verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie. Indien jy die verkeerde verywing gebruik het, klik hier om ons onmiddelik te kontak. Ons sal die bewys van betaling aanvrae per e-pos.

          Important:  Use the reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.  If you used the incorrect reference, click here to contact us immediatly.  We will request the proof of payment per e-mail. 

            Bepalings en Voorwaardes Geld.
            Klik hier vir gereelde vrae.
            Vir hulp klik hier om ons te kontak.

            Terms and Conditions Apply.
            Click here for frequently asked questions.
            For assistance, click here to contact us.

              STORIE:


              Liewe leser,

              Meeste klein dogtertjies droom al van jongs af oor hulle troudag en wanneer die tyd aanbreek, het hulle plakboeke met verwysings, prentjies en idees gereed om net te kan begin beplan. Ek was nie een van daardie dogtertjies nie! So, toe iemand my voete onder my kom uitslaan en ek besef ek wil baie graag met haar trou, moes ek vinnig planne maak en ek het skaars geweet waar om te begin…

              Gelukkig het ons paaie met Willem van Willem Christaan Events gekruis toe ons toevallig ʼn advertensie op sosiale media sien vir ʼn opedag by Drosberg in die Paarl. Met die aankom slag, selfs nog voor ons binne was, het ons dadelik geweet ons het ons venue gevind, want ʼn rooi tapyt het ons op die trappe ingewag en die uitsig van berg af was asemrowend, so toe Willem en Jana ons ook nog met ope arms aanvaar, was die besluit maklik!

              Ons versoek was vir ʼn troue wat “anders” is. Ons wou nie iets tradisioneel hê nie, en ons wou graag iets dramaties doen, maar hoe presies dit moes lyk kon ons nie noodwendig beskryf nie. Gelukkig is daar briljante mense in die industrie wat jou visie kan vat en dit laat realiseer, selfs beter as wat jy ooit kon dink. En dit was wat ons span vir ons gedoen het. Willem met die koördinering en dekor, Jana met haar ongelooflike blomme en ruikers, en Elmarie wat ons droomrokke ʼn werklikheid gemaak het.

              Met ʼn kleurskema van swart en pers, met ʼn tikkie rooi hier en daar vir ons moeders in die hemel, het ons mense beslis aan die praat gehad, maar ons het selfs diegene wat skepties was oortuig dat donker kleure ook feestelik en vrolik kan wees. Dramaties. Treffend. Uniek. Dit was alles en nog meer as waarvoor ons ooit kon vra of oor droom! Ons décor, blomme en swart rokke was absoluut perfek en ons kan nie genoeg dankie sê vir die mense wat dit ʼn realiteit gemaak het nie! Ons wou iets anders hê, en hierdie troue was presies dit; anders!

              En die kersie op die koek is ons ongelooflike foto’s en video! Bernadette en haar span is eenvoudig uitstekend! Ons het soveel pret gehad en dis duidelik op al ons kiekies. Ons kan nie ophou glimlag nie! Ons het vir al ons gaste sonbrille gegee sodat ons ʼn “fun” foto kon neem, maar Bernadette en André het dit selfs meer pret gemaak deur ons in ʼn spiraal te organiseer en ons van bo af met ʼn drone af te neem. Almal is mal daaroor!

              ʼn Paar goed wat vir ons uitstaan, bo en behalwe ons kleurskema, is die pers 1957 Chevrolet as troukar, die karikature wat vir ons gaste geteken is, swart en goue anthuriums in ons rangskikkings, en ons eerste dans met ʼn rookmasjien en “vuurwerke”! Ons het ook vir ons gaste ʼn QR-kode gegee waarmee hulle hul eie foto’s vir ons in ʼn aanlynalbum kon laai. So het ons dus al die “behind the scenes” en groepsfoto’s ook gekry van almal se eie ervarings by ons groot dag. Dit lyk of almal hulself gate uit geniet het, en die liefde en ondersteuning van al ons familie en vriende is duidelik op elke foto. Ons sirkel is klein, maar gevul met omgee en oneindige liefde en deernis vir mekaar.

              Ons onthaal was op 16 Maart 2024, maar ons het om middernag op 17 Maart 2024 die register in die teenwoordigheid van ons naaste familie en vriende geteken omdat dit vir ons ʼn spesiale datum is. Wat dit vir ons selfs meer spesiaal maak, is dat my pa die bevestiging vir ons behartig het. Beide my vrou se ouers het reeds afgesterf, en my ma is ook oorlede voordat sy my beter helfte kon ontmoet, so dit was ʼn emosionele en diep roerende gebaar dat hy sy oudste dogter in die huwelik kon verbind. Ons weet ons moeders sou baie trots gewees het en kon hulle in die gees daar saam met ons voel.

              Ons stuur ons aansoek vir oorweging in omdat ons graag met ander wil deel hoe spesiaal ʼn span mense ons dag gemaak het, en hoeveel liefde en omgee daar in die wêreld vir mekaar is. Ons is die gelukkigste paartjie ooit om so ʼn besonderse dag te kon hê, en ons is dankbaar vir almal wat op ons pad gekom het deur hierdie reis. 

              En waarvoor ons die heel dankbaarste is, is dat ons mekaar in hierdie leeftyd kon vind, en kan liefhê. 

              “Twee is beter as een.”

              Baie groete,

              Sanet Nel

              Diensverskaffers:

              • Blomme: Deco Flow (Jana Roos)
              • Dekor: Willem Christiaan Events
              • Fotograaf: Ruth and Co. Photography
              • Grimering: Marie Coco Dudley
              • Hare: Salon Helmien (Helmien Olivier)
              • Huweliksbevestiger: Barend Nel
              • Trouring: Wolf Bros.
              • Troukoek: Drosberg
              • Koördineerder: Willem Christiaan Events
              • Platejoggie: SoundPrint Weddings
              • Trourok: House of Maria Bridal Couture
              • Venue: Drosberg (Paarl)
              • Paartjie se verblyf: Amberg Lodge
              • Vermaak: Sean Verster (Caricature artist)
              • Vervoer: Classic Rides ZA
              • Videograaf: Ruth and Co. Photography (André Kok)