STORIE:
Om te trou met die agtergrond van natuur wat lyk soos ʼn wallpaper is iets uit ʼn storieboek.
Van my Pa wat ʼn gedig vir my en my man geskryf het, tot ʼn onvergeetlike DJ wat musiek in ʼn hittegolf speel, dit was pure magic met baie sweet en glimlagte.
Ons gaste lag op die dansvloer terwyl ons die aand weg gedans het.
Die eerste hoogtepunt is toe ek die vorige aand by ons verblyf aangekom het en saam met familie van Kaapstad braai en oral net die liefde voel en so geseënd is om in ʼn GROOT familie in te trou. Ek sal daardie gevoel en herinnering na aan my hart hou.
My tweede hoogtepunt is toe my dag begin het met my strooimeisies wat my wakker gemaak het en ons die dag sommer met musiek en lag begin het.
My laaste hoogtepunt en my gunsteling-hoogtepunt is toe ek my man kon soen en die huwelik begin het voor al ons familie en gaste wat vir ons cheer. Ek was so opgewonde dat ons soenfoto’s so snaaks is waar ons neuse squish!
Ons is al saam van hoërskool af en is heeltemal bedoel om te wees! Ek sal hom liefhê totdat die dood ons skei en sal nooit ons groot dag op 23 November 2024 vergeet nie.
Diensverskaffers:
- Blomme: To the wedding company
- Bruidegom-pak: Edgar’s
- Dekor: To the wedding company
- Fotograaf: Gilda harris photography
- Gaste Geskenke: Heuning
- Grimering: Isabel makeup
- Hare: Vriendin
- Huurdienste: Niks
- Huweliksbevestiger: Deon Kleynhans (Bruidegom se oom)
- Juweliersware: American Swiss & Lovisa
- Trouring: American swiss
- Troukoek: Bruid se Pa
- Koördineerder: To the wedding company
- Musiek: Epic Dj van Usambara Krugersdorp
- Platejoggie: Epic Dj van Usambara Krugersdorp
- Skoene: Edgar’s & Shein
- Skryfbehoeftes: Ons wedding guest book was n Telefoon wat ons op shein bestel het waar al die gaste boodskappe gelos het
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Mariska pfahl Contour
- Venue: Usambara wedding venue Krugersdorp
- Paartjie se verblyf: Usambara
- Huwelik kontrak: De Wet Lyell Nel & Maeyane