STORIE:
Ons troudag was ‘n droom wat waar geword het – elke detail het perfek saamgevloei om ’n naweek vol liefde, lag en herinneringe te skep wat ons vir altyd sal koester.
Van die begin af het ons geweet ons wil nie net ’n dag trou nie – ons wou ’n hele naweek saam met ons geliefdes spandeer. Die troubeplanning het begin met daardie idee: om ’n intieme, warm en feestelike atmosfeer te skep waar familie en vriende vir meer as net ‘n paar uur kon saamkuier. Ons het vroeg begin beplan om seker te maak dat elke element van die naweek ons liefde en persoonlikhede weerspieël. Dit was belangrik vir ons dat gaste gemaklik voel, en dat elke oomblik spesiaal en betekenisvol is.
Ons het die pragtige Blomfontein in Cradock gekies as ons venue – ’n idilliese plek wat perfek pas by die styl en gevoel wat ons vir ons troue wou hê. Die venue het nie net ’n asemrowende agtergrond gebied vir ons seremonie en onthaal nie, maar ook genoeg verblyf vir al ons gaste. Dit was vir ons ongelooflik spesiaal om ’n hele naweek saam met ons naaste familie en vriende deur te bring – van die vrydag-aand welkom tot die laaste groet op die sondag. Die blomme, deur Kendall Schoeman van forlouise_florals, was ’n absolute hoogtepunt. Sy het ’n asemrowende rangskikking geskep van protea’s, rose, krisante en lisianthuse.
Ons het die voorreg gehad om ons trourok en troupak deur Vileste Couture in Bloemfontein te laat maak, die rok het my defnitief soos ‘n prinses laat voel. Vileste Couture het werklik ons verwagtinge oortref en gehelp om ons visie tot lewe te bring.
Wat ons troue vir ons werklik spesiaal gemaak het, was dat ons dit kon vier saam met elke persoon wat vir ons belangrik is – nie net vir ’n aand nie, maar vir ’n hele naweek. Die tyd saam, die geselsies by die vuur, die dans sonder ophou – dit het alles bygedra tot ‘n ongelooflike ervaring. Dit was meer as net ‘n troue; dit was ’n viering van liefde, vriendskap en familie – ‘n herinnering wat vir altyd in ons harte sal bly.
Diensverskaffers:
- Blomme: Kendall Schoeman, Forlouise_florals
- Bruidegom-pak: Vileste Couture
- Dekor: Blomfontein Venue
- Fotograaf: Escada Photography and Videography
- Gaste Geskenke: Suikerbossie Creative
- Grimering: Miekie Beyleveld
- Hare: Miekie Beyleveld
- Huurdienste: Geen
- Huweliksbevestiger: Ds. Anton Meiring
- Juweliersware: Jewel Craft
- Trouring: HDL
- Troukoek: Annemarie
- Koördineerder: Geen
- Musiek: Juan Rautenbach
- Platejoggie: Juan Rautenbach
- Skoene: Fynbos Wedding Shop (bruid) Woolworths (bruidegom)
- Skryfbehoeftes: Gerda Lombaard
- Strooimeisie-rokke: Chosen Clothing
- Tente: Geen
- Trourok: Vileste Couture
- Venue: Blomfontein
- Paartjie se verblyf: Blomfontein
- Vermaak: Niekie Potgieter, MC
- Vervoer: Geen
- Videograaf: Escada Photography and Videography
- Huwelik kontrak: Louina Marais
- Wittebrood plek: Hartenbos

