Donna & Francois Esterhuizen

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25030


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ek en Francois het ʼn pad van liefde en groei saam begin stap sewe jaar voordat hy my gevra het om sy vrou te word. Op 16 Desember 2023 het ons verloof geraak – ʼn spesiale oomblik wat vir altyd in ons harte sal bly. Op 22 Mei 2025 het ons uiteindelik die knoop deurgehak en ons lewens vir ewig aan mekaar verbind.

      Ons het nie net ʼn lang pad saam gestap nie, maar ook ʼn pad vol uitdagings en seëninge. Ons moes al baie geliefdes groet en saam trane stort, maar ons het ook die vreugde van saam groei beleef. Reeds van jongs af het ons ʼn lewe saam begin bou – ʼn lewe van hard werk, deursettingsvermoë en geloof.

      Ons het albei verder gaan studeer en gekwalifiseer as onderwysers, met die ondersteuning van ʼn NSFAS-beurs. Gedurende ons studiejare het ons ook albei vir twee jaar by ʼn dagsorg gewerk terwyl ons klasse bygewoon het. Hierdie tyd het ons geleer wat dit beteken om op te offer vir die toekoms wat ons saam droom.

      In 2025 het ons albei die wonderlike geleentheid gekry om poste te aanvaar by goeie skole. Op die ouderdom van 24 en 25 kon ons met trots sê dat ons ons eerste huis én motor saam aangekoop het – en ons is daagliks besig om dit af te betaal. Finansieel was dinge egter uitdagend, en ons kon nie ʼn troue uit ons sak bekostig nie. Daarom het ons besluit om ʼn troulening aan te gaan. Ons betaal nou reeds vir ʼn jaar daaraan af en het nog nie vir een dag spyt gehad oor ons besluit nie.

      Deur alles heen het ons albei diep besef hoe groot die rol is wat die Here in ons lewens speel. Sy voorsiening, genade en leiding het ons deur elke seisoen gedra. Ons is innig dankbaar vir Sy teenwoordigheid in ons verhouding, en vir die voorreg om mekaar te hê as lewensmaats.

      Ons troue was werklik ʼn droom wat waar geword het. Die seremonie het plaasgevind by die pragtige Red Ivory-venue in Hartbeespoortdam – ʼn plek wat ons onmiddellik betower het. Ek het my droomrok gehuur by Lady Ann Bridal, en my grimering en hare is met sorg gedoen deur Luvela Makeup and Hairstyling


      Diensverskaffers:

      • Blomme: Cafe Fleur
      • Bruidegom-pak: Woolies
      • Dekor: Cafe Fleur
      • Fotograaf: Aroha Photograpy and Through the lens Photograpy
      • Gaste Geskenke: La Luna Invetations and Gifts
      • Grimering: Luvela Make-up & Hairstyling Artistry
      • Hare: Luvela Make-up & Hairstyling Artistry
      • Huurdienste: Lady Ann Bridal
      • Huweliksbevestiger: Dawie van Schoor van Agape gemeente Rustenburg
      • Juweliersware: Sterns and Lovisa
      • Trouring: American Swiss
      • Troukoek: Tannie Slaai Hartebeespoort
      • Koördineerder: Monia van Red ivory
      • Musiek: Cream Cheese Dj’s
      • Skoene: Aldo
      • Strooimeisie-rokke: Lamei Couture
      • Trourok: Lady Ann Bridal
      • Venue: Red Ivory Harties
      • Paartjie se verblyf: Red ivory Harties
      • Huwelik kontrak: Van Velden-Duffey Inc