Dylan & Kristel Kotze

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25075


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Na aande van ‘Eerste Dans’ oefen in die tuin, naamkaartjies sit en verf, troupamflet-ontwerp en ure se beplanning het alles uiteindelik op die 15de Maart 2025 bymekaar gekom. Ons troudag was alles en meer waarvan ons al van matriek af gedroom het en ons is dankbaar dat ons dit met ons naastes kon deel.

      Alhoewel ons troue op die oog af kon lyk asof dit ʼn standaard bruilof was met al die bekende elemente, was daar ʼn groot verkil – die dansbaan! My man Dylan is ʼn danser en het my al vir jare vertel oor al sy planne vir ons groot dag se danse. Ons gaste was vir ʼn oomblik stomgeslaan nadat ons ná ons elegante eerste dans as ʼn getroude paartjie dadelik die onthaal verlaat het, net om na ʼn paar minute met nuwe uitrustings die saal in te kom en ʼn energieke tweede dans uit te voer. Van daar af was die dansbaan nie net oop vir al die gaste nie, maar propvol oud en jonk wat hulle beste danspassies uitvoer!

      Die bruid en strooimeisies het die bruidegom verras met ʼn dans, net vir die bruidegom en strooijonkers om daarna dieselfde te doen. Só het dit gegaan met klein ruskansies tussen in om te smul aan die heerlike kos wat bedien was, net om weer vinnig-vinnig op die dansbaan te wees met al ons vriende en familie. Teen die einde van die aand was ons skoene lankal uitgeskop en ons voete vodde. Na vele versoeke van “nog net een liedjie” het die dansbaan uiteindelik toegemaak en die aand tot ʼn einde gekom.

      Rolling Waters het ons troudag besonders gemaak met hulle uitstekende dien. Ons blommeverskaffers, fotograaf en elke diensverskaffer het bygedra om ons prentjie ʼn realiteit te maak. Ons sal altyd dankbaar wees vir elke vriend, familielid en diensverskaffer wat betrokke was by ons spesiale dag.

      Van twee verliefde tieners wat in matriek besluit het om uit te gaan, tot agt jaar later wat daar amptelik “ja” gesê was vir ʼn ewigheid saam is ons troudag die hoogtepunt van ons lewens saam.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Wildebloem & Wilma Van Rooyen
      • Bruidegom-pak: Coquis Men’s Outfitters
      • Dekor: Bruid
      • Fotograaf: Moon Raccoon Weddings
      • Gaste Geskenke: Tuisgemaakte Stropies
      • Grimering: Makeup4eva
      • Hare: Makeup4eva
      • Huurdienste: All Things Weddings
      • Huweliksbevestiger: Steven Dollenberg
      • Juweliersware: Bruid se ma se juwele
      • Trouring: Browns
      • Troukoek: Sprig Catering
      • Koördineerder: Rolling Waters
      • Musiek: MultiMusic Entertainment
      • Platejoggie: MultiMusic Entertainment
      • Skoene: Shoe City
      • Skryfbehoeftes: Ontwerp deur die bruid
      • Strooimeisie-rokke: Gemaak deur verkseie partye
      • Trourok: Bridal Wardrobe
      • Venue: Rolling Waters
      • Paartjie se verblyf: Rolling Waters
      • Vermaak: Seremoniemeester, Martin van Eeden
      • Videograaf: Moon Raccoon Weddings
      • Huwelik kontrak: MC Van Der Berg
      • Wittebrood plek: Knysna, McGregor, Struisbaai