STORIE:
Ons het ontmoet by ons hartsplek, Keurboomstrand. ‘n Stappie langs die see, wat vinnig in ‘n eerste afspraak, ‘n eerste soen en ‘n langafstand verhouding verander het. Ons albei is mal oor die bos, so toe die ja-woord gevra is 4 jaar later by Keurbooms, op die plek waar ons ontmoet het, het ons vinnig geweet ons wil ‘n bosveld makietie hou.
Die trou beplanning was ‘n warrelwind van opgewondenheid, navorsing en baie laat nag sessies voor die excel sigblad. Met die bruid se kreatiewe oog en die bruidegom se vinger op die pols wanneer dit kom by die logistieke reëlings het die fynere details baie vinnig in plek geval. Binne ses maande het ons die droom troue beplan en was gereed vir die groot dag.
Die groot dag het begin met die sonbesies wat skree oor Dinokeng se vlaktes. In die bruidskamer het die bruid se familie haar wakker kom maak met ‘n koppie koffie en die liedjie “Vandag is jou troudag, my meisie” wat oor ‘n luidspreker speel. By die bruidegom was dit rustig, ‘n kameelperd in die verte & ooms en tannies wat drukkies uitdeel om hom geluk te wens dat sy groot dag ook aangebreek het.
Dit was die spesiaalste dag van hul albei se lewens. Al hulle geliefdes en naastes wat saam partytjie hou om hulle nuwe lewensstap te vier. Dekor wat bestaan uit dramatiese strikke, prentjies geteken van elke gas deur die bruid en eksentriese blomme rangskikkings. Gaste wat tussen die bosse beweeg na die seremonie wat se dak so net-net uitsteek tussen die goue bosveld. Die paartjie se troukar, “n game viewer” wat versier is met ‘n “Just Married” strik in die vlaktes. Die dag kon nie meer perfek wees nie!
Diensverskaffers:
- Blomme: Little Lot
- Bruidegom-pak: Nevills
- Dekor: Little Lot
- Fotograaf: Ane Theron
- Grimering: Ruth Makeup and Hairstyling
- Hare: Ruth Makeup and Hairstyling
- Huweliksbevestiger: AJ Sutton
- Musiek: Henk Meyer – Gauteng DJ
- Platejoggie: Henk Meyer – Gauteng DJ
- Trourok: Bride & Co
- Venue: Tshikwalo Game Lodge
- Vermaak: Tiaan van den Berg
- Videograaf: Wedding Bells
- Wittebrood plek: Mauritius

