JJ & Marli Oberholzer

STORIE:


N O V E M B E R 2024, het ons begin om ons sprokiestroue te beplan. Ons enigste doel was om ’n dag te skep wat eg aan Ăłns is — iets wat nie net mooi lyk nie, maar ook voel soos ons storie. Ons wou hĂȘ dat elke oomblik, elke geur, elke klank en elke glimlag iets van ons liefde moes weerspieĂ«l.

My rok was alles wat ek ooit gedroom het — sag en tydloos. Die pĂȘrels het oor die bors en moue gedans, asof hulle self die lig wou vasvang. Ek het ’n eenvoudige pĂȘrel sluier gedra, net genoeg om die lig te vang wanneer ek geloop het.

JJ se troupak was perfek in elke sin — stylvol, gemaklik en tydloos. Wat dit egter regtig sy eie gemaak het, was die leer strikdas wat gemaak is deur Skoonsus. Die horlosie op sy arm was ‘n geskenk van my om te beklemtoon dat dit ons tyd is en ek my tyd vir hom gee. Die “cufflinks” was my skoonpa s’n wat hy vir hom geleen het.

Dit staan in ’n rustige bosveldomgewing, met uitsigte oor die Magaliesberg Berge en omring deur natuur. Die algehele gevoel by Fatherland Estate is rustiek Ă©n elegant: bosveld‐inspirasie gemeng met ’n bietjie luukse.

Die tafels was ’n kunswerk van eenvoud en verfyndheid — die gevoel van kalmte, styl en tydlose skoonheid te skep. ’n Sagte linne tafeldoek het die grondslag gevorm. Die pragtige blou-en-wit porseleinvate, elkeen uniek in patroon en vorm. Elke vaas het vars wit blomme gedra: tulpe, lisianthus en lelies. Die borde, met hul fyn donkerblou patrone, was perfek in harmonie met die vate. Elke plek was sorgvuldig gedek met goue eetgerei, wat ’n warm kontras teen die koel blou en wit geskep het. Donkerblou servette was netjies onder die borde ingevou.

Wat dit vir ons besonders gemaak het, was nie die groot gebaar of die glans nie, maar die klein dinge: die trane in ons ouers se oĂ«, die warm omhelsings van familie wat van ver af gekom het, die vriende wat laggend gedans het. Tydens die belofte het dit gevoel of die wĂȘreld stilgestaan het, en dit was net ons twee, hand in hand, met ’n belofte wat die lewe sou dra.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: Daisy Flowers
    • Bruidegom-pak: Eurosuit
    • Dekor: Nicky’s Hiring – DĂ©cor and Flowers
    • Fotograaf: George and Co
    • Gaste Geskenke: Yskas-magnete
    • Grimering: Beauty by ChantelĂ©ze
    • Hare: Aesthetic Hair Design
    • Juweliersware: PĂȘrel skatkis, Freedom of Movement
    • Trouring: Touchwood
    • Troukoek: Maria
    • Musiek: Cliff’s disco
    • Skoene: Fynbos
    • Strooimeisie-rokke: Gelique
    • Trourok: Timeless Bridal Couture
    • Venue: Fatherland Estate
    • Videograaf: George and Co