STORIE:
NĂĄ ons in Augustus 2024 verloof geraak het, het ons gehoor ons trek van Pretoria na Riversdal in die Wes-Kaap. Tussen die verhuising en die opwinding het ons vinnig begin beplan, en elke detail het net so moeiteloos in plek geval. Toe ons Duck Point Venue sien, het ons dadelik geweet dit is waar ons âjaâ wou sĂȘ â perfek, warm en asemrowend mooi.
Ek het lank ân prentjie van my droomrok in my hart gedra, en toe ek dit by VonvĂ© aanpas, het ek geweet,dit Ăs die een. My sluier het ons self gemaak, met die woorde âK+M & God het jou vir my gekiesâ fyn geborduur â ân boodskap wat almal diep geraak het toe ek verby stap. Kobus het sy perfekte pak by the Suit Studio ontdek in die mooiste kleur wat sy oĂ« laat straal het.
Ons dekor en beplanning is saam met Tharina van Catharina Carolina gedoen. Sy het ons Pinterest-borde en drome tot lewe gebring. Dit was soos ân droom wat waar geword het,die mooiste troue wat ons al ooit gesien het!
Die dag self was so rustig en vol spesiale oomblikke,Kobus se oorlede pa se klaviermusiek het voor die seremonie in die kerk weerklink, ân saksofoonspeler het ingeloop, en die groot kruis bo in die kerk het die heiligheid van die oomblik versterk. Ons het die 3-toue simbool as getuienis van ons geloof en liefde ingewerk. NĂĄ die seremonie was daar golf en boontjie-sak-gooi speletjies wat my pa self gebou het, heerlike kos, en ân 360-fotohokkie wat almal laat lag het.
Ons eerste dans het begin met âdancing on the cloudsâ rook en Under the Moon, wat oorvloei het in ons gunsteling sokkie-liedjie â en die hele vloer het saamgedans toe die saksofoonspeler partytjie musiek soos Jubel begin speel het en almal met brille en liggies op die dansvloer âgejolâ het.
Alles het so glad en vreedsaam verloop â van die boot cruise saam met ons familie die vorige dag, tot die son wat oor die Vaalrivier geskyn het. Dit was nie net ân troue nie, dit was ons droom wat waar geword het, ân dag wat God self geanker het, vol emosie, liefde en Sy onvergeetlike seĂ«n.
Diensverskaffers:
- Blomme: Catharina Carolina Flowers and Decor
- Bruidegom-pak: The Suit Studio Mossel Bay
- Dekor: Catharina Carolina Flowers and Decor
- Fotograaf: RDK
- Gaste Geskenke: The Leather Shoppe Mossel Bay
- Grimering: FDK Styling
- Hare: FDK Styling, Mandy Grant, Bianca Grant-Storm
- Huurdienste: Timeless decor
- Huweliksbevestiger: John Matthews
- Trouring: Karative Juwellery
- Troukoek: The Big Day Cake Studio
- Musiek: In die kerk het ons van Kobus se pa se klavier musiek wat hy laat opneem het voor hy siek geraak get gespeel
- Platejoggie: Loud Level Productions
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: MU Studio
- Strooimeisie-rokke: Lena Lisa
- Trourok: Vonvé
- Venue: Duck Point Venue
- Paartjie se verblyf: Duck Point Venue
- Vermaak: Luan de Beer
- Videograaf: LeVogue Productions
- Huwelik kontrak: Etienne Bedeker
- Wittebrood plek: Maldives en Dubai

