Marco & Mariné Blom

STORIE:


Ons Liefdesreis – Marco & Mariné

Soms begin die mooiste liefdesverhale nie met ‘n dramatiese ontmoeting nie, maar met ‘n eenvoudige koppie koffie. Ons (Marco Blom, 29 en Mariné Kock, 27) het lank van mekaar geweet, maar ons eerste regte ontmoeting het plaasgevind tydens Covid, in Graaff-Reinet, by Marco ouers se huis. Net ‘n koffie-afspraak — of so het ons gedink. Sy oë het my voete onder my uitgeslaan, en sy warm, opregte persoonlikheid het my dadelik laat tuis voel.

Ek het geweet hy is “die een” toe alles met hom begin voel het soos ‘n droom – te goed om waar te wees. Dit was nie lank voor daardie gevoel in iets permanent verander het nie.

Na ’n lekker roadtrip het Marco my op die mooiste manier gevra om te trou. Ons het die skilderagtige Chapman’s Peak Drive gery en gestop vir verversings in Houtbaai. Later die dag het ons ’n rustige strandstappie op Blouberg geniet, net toe die son oor die horison begin sak. Op die strand het ’n piekniek gewag – en Marco het op een knie gegaan en my hart amptelik gewen.

Ons het op 24 Mei 2025 by die pragtige Jenkins Creek in die Cradock-distrik getrou. My sluier het dalk vasgetrap toe ek die paadjie afgestap het – maar dit was die perfekte stukkie humor om Marco se emosies bietjie ligter te maak! Die res van die dag het soos ’n droom verloop.

Ons verhouding is gemaklik, sonder drama of pretensie. Ons gun mekaar ruimte om onsself te wees, maar ons geniet dit net soveel om saam te lag, te reis en dinge aan te pak. Ons is mekaar se veilige plek, mekaar se cheerleaders en beste vriende.

Ons droom van ’n huis gevul met liefde, kinders, honde en die geur van avontuur. Ons wil die wêreld saam ontdek, suksesvol wees in ons werk en altyd terugkom huis toe – na mekaar.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2025 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2024 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: Jenkins Creek Colab
    • Bruidegom-pak: Woolworths
    • Dekor: Jenkins Creek
    • Fotograaf: Gerber photo and film
    • Gaste Geskenke: Plaaslik (blom saad vanaf die bruid se ouers sr plaas geoes)
    • Grimering: The skin clinic
    • Hare: Turning Heads
    • Huurdienste: NA
    • Huweliksbevestiger: Paul Du Preez
    • Juweliersware: Lovisa
    • Trouring: Havilah
    • Troukoek: Ansu Erasmus
    • Koördineerder: Jenkins Creek Colab
    • Musiek: Jenkins Creek Colab
    • Platejoggie: Jenkins Creek Colab
    • Skoene: Shein
    • Skryfbehoeftes: NA
    • Strooimeisie-rokke: Pret Pakkie Clothing
    • Tente: NA
    • Trourok: Elizabeth Stockenström
    • Venue: Jenkins Creek
    • Paartjie se verblyf: Jenkins Creek, Betjieskraal (Bruidegom en gevolg);
    • Vermaak: NA
    • Vervoer: NA
    • Videograaf: Gerber Photo and Film
    • Huwelik kontrak: Lombard en Kriek
    • Wittebrood plek: Mauritius