Reanhardt & Nedine Steyn

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25110


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons het op 24.08.24 verloof geraak bo op ’n berg in Hartbeespoortdam. Ons was opgewonde om ons lewe saam te begin ná ’n agt jaar lange pad vol goed en sleg, mooi en lelik, maar met ’n groot liefde vir mekaar. Ons het op sestien begin uitgaan en op vier-en-twintig getrou.

      Die troubeplanning het vinnig momentum gekry toe ons besluit om net vyf maande later, op 25.01.25, te trou. Die eerste stap was om ’n venue te soek. Die naweek ná ons verloof geraak het, het ons Venue Neveou se opedag bygewoon, maar besluit dit is nie vir ons nie. Die volgende naweek het ons Ground The Venue besoek, en ons het dadelik geweet dit is die een. Dit het tuis gevoel, soos ’n naweektrippie huis toe ná ’n lang week weg.

      Die venue was vol pragtige bome en omring deur berge wat my aan die Kaap herinner het. Daar was ook die mooiste blomtuine, ’n wingerd, ’n kaktustuin en pragtige klimop teen die mure van die onthaalarea. Die beste van alles was die boord pekanneutbome vir die buitelugonthaal. Ek het grootgeword op ’n landgoed vol pekanneutbome. Dit is toe dat ons geweet het.

      Ons het besluit om beide die seremonie en die onthaal buite te hou, onder die son en later onder die sterre. Dit was onvoorspelbaar en uniek.

      My trourok is gemaak deur Sila Bridal in Pretoria. Ons het toevallig op ’n Vrydagaand daar ingestap op die ingewing van die oomblik, terwyl die hele Saterdag reeds vol ander rokafsprake by drie verskillende plekke was. Die ervaring het soos ’n droom gevoel. Wat laat ’n mens meer soos ’n bruid voel as om unieke rokke aan te pas voor ’n groot goue spieël, met net jy, jou hoofstrooimeisies en die rokmaker in die kamer? Ek het dadelik geweet dit is die rok.

      Die dekor was eenvoudig, maar vol kleur, karakter en sentiment. My gunsteling deel was die onthaal. Dit het gevoel soos ’n prentjie uit ’n Italiaanse trouboek. Die kerse was romanties, die blomme vol liefde en die liggies die perfekte afronding.

      Ek onthou hoe ek tydens die toesprake vir my suster gesê het: “Hierdie is presies wat ek nog altyd van gedroom het.” Die dag en aand was gevul met vreugde, liefde en opgewondenheid vir ’n lewe saam as man en vrou.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Blom Bespoke & The Blossomry
      • Bruidegom-pak: Markham’s
      • Dekor: Blom Bespoke
      • Fotograaf: Nina Buys Photography
      • Gaste Geskenke: Absolute Sport
      • Grimering: Harlow Makeup (Lisa Crous)
      • Hare: Cisca Pieters
      • Huweliksbevestiger: Lambert bester
      • Juweliersware: Self
      • Trouring: Grand Diamonds
      • Troukoek: The Big Day Cake Studio
      • Koördineerder: Nicci Campbell
      • Musiek: Sound Hatch Productions
      • Platejoggie: Tyerin
      • Skoene: Fynbos Wedding Shoppe
      • Skryfbehoeftes: Self
      • Strooimeisie-rokke: Lara Louise Designs
      • Trourok: Sila Bridal
      • Venue: Ground The Venue
      • Paartjie se verblyf: Farmhouse 58
      • Videograaf: Evergreen Visuals