STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25095
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ek en my nou man, Ruan is nog altyd eenvoudige mense. My ouers se plaas op die Vaalrivier is ons tweede huis en waar ons die meeste tyd spandeer. Dit was vir ons ‘n groot voorreg toe my pa voorstel dat ons in die stoor trou. My pa het sy hele stoor leeg gedra vir ons troue en ‘n land kosmos geplant vir die kerk diens. My ma en haar vriendinne het seker gemaak dat ek die Pinterest troue van my drome gehad het. Ek sal verewig dankbaar wees vir al die vriende en familie wat kom help het stoor opmaak. Dis ‘n week wat ons altyd sal koester. Ongeag al die reën het ons die beste van ‘n slegte saak gemaak. Die reën het egter vir groot sports gesorg. Al die verskaffers waarmee ons gewerk het, se diens was uit die boonste rakke. Jolache couture se Jolandi het gesorg dat elke afspraak spesiaal was vir my. Grant en sy vrou, Angie van Grant Betts Photography het ‘n spesiale plek in ons hart gekry. Hulle het ons so vinnig gemaklik laat voel agter die lens. Hulle is waarlik ongelooflike mense. Almal waarmee ons gewerk het en te doen gehad het was so behulpsaam.
Ek en Ruan sal altyd ‘n geseënde huwelike hê, te danke aan al die reën, ons hemelse vader se genade en al die spesiale mense in ons lewe se hulp.
Diensverskaffers:
- Blomme: Familie
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Familie
- Fotograaf: Grant Betts Photography
- Gaste Geskenke: Oh my fudge that’s good
- Grimering: Everything by Ane
- Hare: A little off the top
- Huurdienste: Multi styl trou en funksedekor potchefstroom
- Huweliksbevestiger: Ds Johan Gericke
- Juweliersware: Eden and co
- Trouring: NWJ Jewelers
- Troukoek: Familie
- Musiek: Rentertainment
- Skoene: Charming Shoes Sa
- Skryfbehoeftes: Familie
- Trourok: Familie
- Venue: Plaas stoor
- Paartjie se verblyf: Sunnyside River Lodge
- Vermaak: Potchefstroom lawm games
- Huwelik kontrak: Kock & van Staden
- Wittebrood plek: Ballito

