Een van die Top 3 paartjies van Troue van die Jaar 2020 kompetisie sal die gelukkige wenner wees van ʼn fantastiese prys geborg deur Angala Boutique Hotel in Franschhoek. 

Die prys sluit die volgende in vir die paartjie:

  • 3x Nagte se verblyf
  • Driegang aandete op elk van die 3x aande
  • Twee dae se middagete
  • ʼn R 300 drankie begroting per maaltyd

Besoek Angala Boutique Hotel se Mooi Troues profiel deur op die knop hieronder te druk en meer te lees oor hierdie pragtige wegbreek plek in die mooi Franschhoek. 

Terme en Bepalings geld – Rol af om meer hieroor te lees. 

 

Meer informasie oor Angala Boutique Hotel: 

 

Angala is die plek waar huislikheid en luuksheid bymekaar kom, omring deur die natuurskoon.  Dit is ʼn kaalvoet tipe 5-ster heiligdom waarna jy opsoek was.  Geleë in die hart van die Kaapse Wynlande, tussen asemrowende mooi berge.  Angala is die plek waar luuksheid saam met die natuurskoon vir jou ʼn betowerende en rustige ervaring bied.  Dit is waar die wêreld stadiger begin draai, waar jy net kan ontspan en vergeet van die stad se gejaag.  Alhoewel Angala omring is deur wyn plase, wêreld klas restaurante, stap- en fietsry roetes, weelderige winkels vir inkopies in Franschhoek en Stellenbosch, is hulle ook naby aan historiese dorpe soos Paarl.  Kaapstad is ook slegs ʼn 40-minute rit.

Geniet plaaslike, gesonde produkte op Angala se spyskaart in hul restaurant, wat 365 dae per jaar ontbyt en middagete bedien, wat voorsiening maak vir al u diëet versoeke en behoeftes.

Maak Angala jou basis om die wynlande te besoek en geniet hulle ruim kamers en kothuise.

Wyn? Drie van Suid-Afrika se beste wynplase is binne 5 km van Angala se voorstoep af.  Daar is nog talle ander verborge juwele wat u moet sien.

Kos? Die Wynlande maak op vir byna die helfte van die top 20 restaurante in Suid-Afrika, binne slegs 10-30 minute se ry vanaf Angala.

Buitelewe? Stap of ry die berg agter Angala uit per fiets.  Kies een van die gebied se wêreldklas-staproetes, alles binne 20 km van Angala af.   

Bederf jouself? Ervare terapeute kan ʼn verskeidenheid behandelings in u kamer doen.

Joga? Absoluut – vra net die ontvangs om u privaat joga-sessie op u eie tyd te bespreek.

 

BESOEK HUL MOOI TROUES PROFIEL

TERME EN BEPALINGS

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld. Klik hier om dit te lees.
  2. Troue van die Jaar 2020 se standaard Kompetisie terme en bepalings geld – klik hier om dit te lees.
  3. Die prys is geldig vanaf September 2021 tot September 2022.
  4. Onderhewig aan beskikbaarheid.
  5. Die prys bestaan uit 3 nagte se akkommodasie, 3 Driegang aandetes vir 2, middagete vir 2, en drankies van R 300 per ete in totaal.  ‘n Maksimum van 6 etes in in totaal.  
  6. Alle ekstra’s is vir die wenner se eie rekening.
  7. Vlugte en vervoer kostes is vir die wenner se eie rekening.
  8. Uitsluitings-periodes kan van toepassing wees.
  9. Die wenner gee toestemming dat hul name en foto’s vir Angala Boutique Hotel se bemarking doeleindes mag gebruik word.
  10. Die prys kan nie gebruik word oor publieke vakansiedae en of langweke nie.
  11. Kan nie gebruik word saammet enige ander promosies wat Angala Boutique Hotel het of mag hê nie.
  12. Kan nie verruil word vir kontant nie.
  13. Die prys is nie oordraagbaar na enige ander persoon of persone nie.