DIE PRYS

Die prys is ter waarde van R 38,000!

Een van die Troue van die Jaar 2023 se wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur Mthembu Lodge in die Mfulawozi Wilderness.

Die prys sluit die volgende in:

  • Twee (2) nagte se verblyf vir ʼn paartjie wat deel by Mthembu Lodge in die Mfulawozi Wilderness.
  • Die prys sluit in alle etes en wildritte.

Bepalings en Voorwaardes Geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

mFulaWozi Wilderness Private Game Reserve is in die hartjie van Zululand in KwaZulu Natal geleë, net twee en ʼn half uur se ry vanaf Durban, waar dit die tuiste van suster-lodges Biyela en Mthembu is.

Alle suites is sorgvuldig met die hand gebou deur lede van die plaaslike Mthembu- en Biyela Zulu-stamme en het hul eie privaat uitkyk dek waar gaste hulself kan verkyk na die natuur en die ryk geskiedenis van die area.

Die warm en verwelkomende Mthembu Lodge is op die wal van die Wit iMfolozi-rivier geleë, waar dit manjifieke uitsigte bied, kompleet met wild kyk geleenthede vanuit die lodge en sy sewe, luukse een slaapkamer-suites en twee gesins villas.  Mthembu Lodge is gemik op die oordeelkundige reisiger en is die perfekte gesin bestemming, wat kinders vanaf die ouderdom van 10 verwelkom en ʼn sensuele, stil en ʼn natuurlike elegante definisie van ruimte bied.  Dit kombineer vars innoverende ontwerp en stylvolle Afrika-aanrakings.

Die mFulaWozi Wilderness Private Wildreservaat strek oor 16,000 hektaar ongerepte Afrika-bosveld wat grens aan die Hluluuwe iMfolozi Park, die oudste geproklameerde natuurreservaat in Afrika.  Met die val van heinings tussen die parke is dit nou een van die laaste hawens waar groot getalle diere, insluitend die Groot 5, vrylik kan rondloop.

mFulaWozi beywer ʼn volhoubare model vir sosio-ekonomiese ontwikkeling binne die plaaslike gemeenskappe.  Die opheffing van hierdie benadeelde gemeenskappe het die gemeenskappe nou in staat gestel om verskeie inisiatiewe te bestuur, wat ʼn veerkragtige ekonomiese omgewing skep.  Nie net is dit ʼn bloudruk vir ʼn toekoms waar mense en natuurlewe saam kan leef en floreer nie, maar dit is ook mFulaWozi se nalatenskap om te verbind tot die behoud en bewaring van die Zulu-kultuur.

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2023 se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal gedig wees vanaf 1 Augustus 2024 tot 31 Oktober 2025.
  4. Die prys sluit in Twee (2) nagte se verblyf vir ʼn paartjie wat deel by Mthembu Lodge in die Mfulawozi Wilderness.
  5. Die prys sluit in: Alle etes en wildritte.
  6. Die prys sluit uit: Alkoholiese drankies, Daaglikse bewaring heffing van R300 per persoon per dag, Reis na en van die lodge, Datums is onderhewig aan beskikbaarheid en sluit spitsseisoen en vakansiedae uit.
  7. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  8. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  9. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  10. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur Mthembu Lodge aangebied word nie.
  11. Mthembu Lodge se Bepalings en Voorwaardes is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf Mthembu Lodge beskikbaar.
  12. Foto’s is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  13. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prysborg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.